16. Die sestina
16. Die sestina
Die sestina is ‘n rymende of ongerymde vers vorm (was aanvanklik net rymend) met ses stansas, van ses lyne elke en ‘n finale triplet, almal met dieselfde ses woorde op lyn eindes in ses verskillende volgordes. Die finale triplet sluit egter ook al ses die woorde weer in en die volgordes van die lyne is vooraf bepaal.
Ezra Pound se gedig “Sestina: Altaforte,” Dante Gabriel Rossetti se gedig “Sestina (“To the dim light and the large circle of shade”),” Elizabeth Bishop se gedig “sestina” (“September rain falls on the house”) en David Lehman se gedig getitel “Sestina” (“In Iowa, Jim dreamed that Della Street”) is ook goeie voorbeelde van hierdie gedig vorm. In C. Louis Leipoldt se Engelse digbundel “The Ballade of Dick King and other poems” (1948) verskyn daar ‘n sestina getitel “Sestina of the atomic bomb” wat ook ‘n baie goeie voorbeeld is van hierdie versvorm.
Die sestina was nog altyd beskou as ‘n uiters moeilike vorm van digkuns om te bemeester. Die uitvinder van die sestina Arnaut Daniel, was ‘n wiskundige en ‘n digter wat behoort het aan ‘n groep twaalfde eeu Franse digters wat hulleself die troebadoere genoem het. Hulle het hulle tipes van verse genoem volgens die moeilikheid graad en die sestina was een van die “tobar clus” gedigte, naamlik een van die vorms van ‘n meester troebadoer.
Die sestina bestaan uit sewe stansas. Die eerste ses stansas bestaan uit ses versreëls elk en die laaste woord op elkeen val volgens ‘n presiese wiskundige progressie, die sewende stansa het slegs drie versreëls wat ‘n wiskundige refleksie is van die eerste stansa. Die hele gedig het nege en dertig versreëls.
Die eerste stansa is die bepalende stansa en die ses woorde wat op elke einde van die versreël gebruik word naamlik ABCDEF is bepalende woorde. Die finale stansa wat uit drie versreëls bestaan gebruik steeds dieselfde ses woorde waar van hulle as binnerym voorkom. Hulle word herhaal in elk van die volgende vyf stansas van die gedig in ‘n streng patroon wat as volg is:
Eindwoorde:
Stansa 1. .A.B.C.D.E.F.
Stansa 2. .F.A.E.B.D.C.
Stansa 3. .C.F.D.A.B.E.
Stansa 4. .E.C.B.F.A.D.
Stansa 5. D.E.A.C.F.B.
Stansa 6 B.D.F.E.C.A.
In die finale drie versreël stansa 7 ( die l’Envoi) kom die woorde voor as:
Versreël 1. E..F
Versreël 2.. B..D
Versreël 3.. A..C
Hier is die rymskema vir die rymende sestina: A1B1A2B2B3A3 / A3A1B3B1B2A2 / A2A3B2A1B1B3 / B3A2B1A3A1B2 / B2B3A1A2A3B1 / B1B2A2B3A3A1 / (xE1)F1 (xB1)D1 (xA1)C1
(Hier dui hoofletters op woorde wat herhaal word aan en nie refreine soos gewoonlik nie. x dui op woorde wat nie rym nie. Hakkies dui soos gewoonlik op binnerym.)
Die weerwolf (sestina)
Een nag net na elf staan die dominee op
om dringend na ‘n boer se plaas te ry,
na ‘n pa wat die verkragting van sy meisiekind stop.
Hy weet dat hy moontlik die polisie op pad sal kry.
God is groots want plaasmoorde is deesdae volop
en in die kar se ligte flits die mielieland by die kar verby.
Die plaasmense is geskok maar die insident is reeds verby,
‘n tokkelossie is geskiet deur die boer maar hulle tel ‘n man op.
Hy bloei erg, staar na hulle verwoed en sy vloeke is volop
en die mense is opreg en die dominee kan dit skaars glo terwyl hy ry.
Hulle is verwar glo hy en hy sal hulle moet help om hulle gedagtes reg te kry.
Voor hom in die pad is daar skielik ‘n ondier wat orent kom en hom probeer stop.
Van skrik trap hy die versneller heel weg en besluit om glad nie te stop
die kar is op spoed en daarmee wil hy by die ding verby
toe die kar se enjin skielik uit sny en hy sukkel om dit onder beheer te kry.
Die kar kom tot stilstand en die dominee kyk vanaf die paneelbord op
sien in die helder ligte ‘n weerwolf wat op sy agterpote staan en bid om te ry.
Hy kyk na ‘n bose, wreedaardige gedrog van ‘n ding en sy gedagtes is volop.
Die boosheid wat uit die ongedierte kom is oorweldigend volop,
die kardeur word oopgeruk en hy uitgeruk sonder om dit te kan stop.
Daar is geen kans om in die kar te spring en daarmee weg te ry
die gedierte loop al om hom en dan ‘n entjie by hom verby
gee ‘n verwoede tjank geluid en kyk vir ‘n oomblik na die maan op.
toe kyk die halfmens ding in sy oë asof dit genot kry
uit die vrees wat dit bring. “Ek gaan jou gorrel uitruk en jou bloed kry”
en om die dominee lê daar oral klippe sommer volop.
Hy buk en tel sommer baie hande in sy hande op
maar besef skielik dat geen klip hierdie ding gaan stop
en wat hy ook al doen hy kan nie by die gedierte verby
as die polisie asof hulle, hulle nie sien met spoed verby ry.
Hy is banger as ooit en dink: laat hulle maar weg ry.
Hulle is in elke geval nooit daar as mens hulle nodig kry.
Hy bid hardop en vra: “Here Jesus vat hierdie ding net verby.”
Die ondier lag en sê: “vir jou dood is die Satan se redes volop.”
“Stop net daar! In die naam van die Here Jesus stop!
My tyd vir die almagtige God se werk is nog nie op.”
Die ondier kom verby, word weer mens en die dominee se vrae is volop
en hy wil ry as die man die land in loop en is bang om hom weer te kry
maar eers moet hy stop en stuur ‘n dankgebed na God op.
Ek en jy in ‘n dol wêreld (Sestina)
Kon ek jou vind in elke verruklike droom,
in ‘n plek waar geen trane ooit stroom
sou my lewe ontvou in rustigheid,
waar jy gedurig groot geluk bring aan my
en alles sou teer en helder wees en nooit dof,
waar ons sonder woede sou leef met liefde gevul
maar soos die lewe is, is dit met onheil en hartseer gevul
asof ons deel is van ‘n onheilspellende plan en dis nie ‘n droom,
waar sommige mense soos gode optree, tot die pyn van ander dof,
waar hulle nie omgee oor die trane wat hulle laat stroom
en waar jy soms hartseer ondervind is jy baie gelief deur my,
die een wat my verstaan en vir my die gewer van rustigheid.
Miskien is dit mal om in chaos te wens vir rustigheid,
om tussen woedende mense ander te vind met vrede gevul
maar dis hoe ek die werklikheid sien met ‘n plek in die son vir jou en my
en hierdie insig is veel meer as net nog ‘n besete droom
of iets wat mense na ‘n nie bestaande utopia laat stroom
en nie iets wat net sin maak aan die wie se verstande verdraai is en dof.
Selfs as elke dag nie somer of lente is en dit buite koud, kil is en dof,
selfs as woede uitbars in die stad is daar nog in die veld rustigheid
waar diere vry rond beweeg en soms drink by ‘n stroom,
speel, voort plant en hulle mae word gevul
asof selfs hulle met tye ook besig is om te droom
en nog verskeur roofdiere, maak jag en dit is verskriklik vir my
maar die lewe is dit wat ons daarvan maak en jy is spesiaal vir my
en waar liefde in die wêreld is, is dit ‘n heel ander plek en nooit dof
want dit maak ‘n werklikheid van dit wat mense droom,
selfs as jaloesie die loopbane van mense verwoes, niks oorbly van rustigheid,
selfs al is die strate met oproerige en woedende mense gevul,
al is daar sommige wat na verwoesting en geweld stroom
is daar helde wat optree teen die besetenheid, op gaan teen die stroom,
wat belangrik is vir ander mense en ook vir jou en my
en hulle is nie met hulleself en hulle eie belange gevul,
hulle insig en verstand is op die snykant en nooit afgestomp of dof
en selfs as hulle lewens nie uitloop op rustigheid
tree hulle nog reg op en is opreg nie net vasgevang in ‘n droom.
Toe ons weer bymekaar uitkom (sestina)
Dit was op ‘n koue winter dag
toe ons mekaar weer skielik gewaar
en dwarsdeur daardie nag
het ons twee gedink aan mekaar,
ek kon glad nie ‘n oomblik langer wag
en het ure in die nag ingedagte gesit en staar.
Op straat was daar betogers en mense het gestaar
asof verskriklike dinge gaan gebeur op daardie dag,
by die werk was van die personeel aan mekaar,
in my gedagtes was jy vanaf die vorige nag,
ek het niks anders om my werklik gewaar
waar ek tot die einde van die dag wag.
Buite was daar mense wat op ‘n bus wag,
toe ‘n skoot klap het mense by die venster gestaar,
iemand het selfmoord gepleeg op daardie dag
en die base was in vergadering met mekaar
maar veels te stadig was die dag verby en was dit nag
toe ek oortyd moes werk en die maan gewaar.
Vroeg aand het ek die stad se neonligte gewaar,
ek sou te laat wees as ek ‘n oomblik langer wag,
buite was daar mense wat na vuurwerke staar
en vir my was dit ‘n baie vreemde dag
maar dit was naby aan ons ontmoeting met mekaar
en ‘n soel volmaan tipe koue nag.
Die kar se ligte was helder in die donker nag
en met uitgestrekte arms het jy my gewaar
in my gedagtes was daar niks behalwe jy op dié dag
en vasgevang het ek na jou gestaar,
jou gesig was pragtig na die ure se wag
en ons lippe het geraak aan mekaar.
Daardie oomblik was ons dig by mekaar,
die sterre het geskitter in die nag,
ek het jou kinders skielik gewaar
en buite op patrollie was ‘n kar wag
wat in die verbygaan na ons beide staar
waar ons ure deur praat tot die volgende dag.
Tot die volgende dag breek soen ons toe vir mekaar,
het die sterre gewaar dwarsdeur die nag
en na jare se wag, laat klein dinge ons na mekaar staar.
‘n Bestemde ontmoeting (Sestina)
Voorheen het ek reeds hierdie plek aanskou,
die ontmoeting is sekerlik bestem,
ek het jou dalk hier iewers vasgehou
waar ou emosies my nou beklem
en nou dat jy my ook skielik herken
is albei jou oë pragtig en die hemel blou.
Die lug bo ons is oop en die see donker blou
waar ons die uitgestrekte see aanskou
iets van hierdie strand en kus weer herken
asof die noodlot self ons koms bestem
word ons deur hierdie saam wees erg beklem
asof deur hierdie oomblik vasgehou.
Daar is ‘n sterk wind en jou hand word deur myne vasgehou
daar is wit perde op die see en die berg is dof en blou
die sand word deur die wind geswiep en beklem
waar ek jou hier so lieflik aanskou,
ons is tot ‘n pietsende sandstorm bestem,
toe ek liefde in jou sonnige oë herken.
Op die oewer het jy jou verlange herken
aan hierdie staal reling hard vasgehou
gewonder waarvoor die lewe ons bestem,
’n veraf skip wat verby vaar is ‘n tipe blou
word grou, waar ek jou noukeurig aanskou
en vrees om jou nou weer te verloor my siel beklem.
Die weersiens het nou net my hart beklem,
ons onverganklike liefde weer herken,
waar jy stil staan en hierdie strand aanskou
voel ek deur die verlede nie meer vasgehou
of als gerig is tot nou en die lewe is nie meer blou
maar het ‘n plek vir jou en my daarin bestem.
So besef ek dat God deur dekades als tot ‘n tyd bestem
al word ons soms deur wanhoop en verlange beklem
word herontmoeting op herontmoeting in gedagtes vasgehou,
word die mooi in mekaar en ons begrip met mekaar weer herken,
ek sien ‘n gewaarwording in jou oë, en die lug nou ‘n ander blou
waar ek jou in my middeljare nou aanskou.
Dat jy vir my bestem is weet ek waar ek jou aanskou
al word ek deur die lewe beklem en nou deur jou vasgehou
waar ek my eie foute herken en dankie sê aan God anderkant die blou.
The farmer and his wife (Sestina)
A girl was lying down flat on her back
with a straw hat at eye height over hair,
she was sun-struck, curling and fair
with a rain cloud ominous and black
drifting in a blue sky and a small track
meander past and it needed some repair.
Some of your makeup is in need of repair,
there’s a guitar bag slung over your back
where you walk pass the girl at the dirt track
with the strong wind frizzling through your hair
and the sky is already turning black
but the evening up to now is fair.
Slowly you walk past the local fair
with some of the stalls needing repair,
the guitar you are carrying is black
and you walk straight on, do not look back
at the whistles of some men with long hair
while home you take a narrow long track.
Watching our horses on the racetrack
you are really sexy and very fair,
our horses do parade with shining hair
you notice that the stands need some repair
and I am standing somewhat at your back
while you are dressed prettily in black.
The highway is like a ribbon that is black
where it meets the old overgrown farm track,
there are huge blue-gum trees some way back
and you agree that the price of the Lucerne is fair
where some cows graze at the pen, needing repair,
swishing with tails to drive flies from their hair.
I pull my fingers slowly through my hair
and there are streaks of grey in the black,
but the cattle are only doing fair
while my love is coming with the field’s track
that must constantly be kept in repair
and I hear her singing over my back.
There were torn out hair a long time back,
when I met my darling and she was fair,
at a fight at a track, I was in need of repair.
Helderberg (Sestina)
Jy is die hoë ou berg met talle pieke
gedurende die somer groots en jolig,
waar ek geklim het tot by groot hoogtes
waar ek ‘n blik kon kry van son, strand en see,
in God se teenwoordigheid met deurlugtigheid
maar met jou buie herinner jy my aan ‘n dame.
Eens het ek gewandel met ‘n jong dame
op ‘n kinkelende roete tussen jou pieke
op soek na innerlike vrede, deurlugtigheid
en sy was nogal gelukkig en baie jolig
het gestaar na die blou lug en see
vanaf die bedremmelende hoogtes.
Klimmend na die ontblote hoogtes
was soos verkenning van die lyf van ‘n dame,
asof ek afkom op ‘n geheime see
met groot rysende gepunte pieke
en die ondervinding was uiters jolig
met ‘n eie soort van deurlugtigheid.
My privaatheid word betree deur haar deurlugtigheid
terwyl ek van vêr af kyk na haar hoogtes
en met tye voel ek nogal jolig
maar daar is groot gevaar in hierdie dame
wat my aanhou aantrek met hoë pieke
om te kyk na ‘n eindelose see.
Ek verlang om op die see uit te staar,
om met haar te wees in deurlugtigheid,
om soms te wandel tussen haar pieke,
om ontdekkend te wees tot haar hoogtes
asof ek ‘n kosbare wil dame besoek,
maar ek wonder gedurig, is sy jolig?
Ek is nou altyd ietwat gelukkig en jolig
moet weg bly van daardie baie blou see,
moet wegbly van gevaarlike hoogtes
van die lewe, om deurlugtigheid te vind
maar nog steeds lok die pragtige dame
my met albei van haar pragtige pieke.
Hoe glimmend jolig met ys gloei haar pieke
baie hoog bo die see, vanaf hulle hoogtes;
sonder deurlugtigheid is sy ‘n bevrore dame.
Helderberg Hill (Sestina)
You are the high hill with numerous peaks,
that in summer looks magnificent and cheery,
where I have climbed up to waterfalls, to heights,
where I got a view of sun, beach and sea,
felt as if in presence of God, with tranquillity
with your moods you remind me of a lady.
Once I wandered with a young lady
on a twisting trail among your high peaks
to find some inner peace, some tranquillity
and she was quite happy and rather cheery
gazing up at the blue sky, down at the sea
from both of those dazing heights.
Climbing up to the sheer heights
was like exploring the body of a lady
as if finding a secret kind of sea
with beautiful rising pointed peaks
and the experience was quite cheery,
suddenly leaving an own tranquillity.
My privacy is invaded by her tranquillity
as from far I still do watch her heights
and although feeling rather cheery
there is danger in this lovely lady
that beacons me with her high peaks
to look upon an endless open sea.
I long to gaze out upon the sea,
to be with her in tranquillity,
to wander among her peaks,
to again explore her heights
as if to visit a dear kind old lady
but I wonder if I will find her cheery?
But I must now continually stay cheery,
keep far away from the troubled sea,
avoid all of the dangerous heights
of live to be able to find tranquillity
but still the beautiful ageless lady
is luring me continually with her peaks.
How glimmering and cheery with ice her peaks
high above the sea, do glow from their heights,
she is without tranquillity, a chilly frozen lady.
Die eerste draak (sestina)
Hulle het ‘n ding gaan soek, wat spuug in bolle vuur
‘n moordenaar, ‘n draak, wat kan dit wees?
Om dit te oorwin moes hulle aspireer
om mense van dié skrikbewind te bevry
maar dit was reusagtig asof niks dit uitput
en waar dit gaan was daar foltering.
Die dapper mans was van al vrees bevry
en was soos ‘n magtige mag wat aspireer
tot goddelikheid, soos geen mens hoort te wees,
om van die ondier te gryp, verterende vuur,
en dit te bring tot dood en foltering
en hierdie soeke mag hulle nie uitput.
Tog word daar deur alle mense geaspireer
om in die onbekende kennis te kry as iets wat bevry,
om vermoëns te toets tot dit almal uitput,
om planne te meet om oorwinnend te wees
en later te verander en te veg met bolle vuur,
selfs as dit kom tot ‘n eie foltering.
Hulle wou waarheid kry, van die krag daarvan dit bevry,
vry wees om die krag te gebruik van die vuur
wat uit die hemel geval het met foltering,
wat selfs magtige gode kan uitput
en hulle wapens gemaak wat die doel sou wees
waarna alle krygsmanne aspireer.
Dit mag die soeke wees wat ander manne uitput,
as lieflike dinge nie die uiteinde kan wees
of iets mooi en edel om na te aspireer,
met geen baken as lig of iets wat bevry
maar die blussing van lewe deur die vuur
en daarmee saam die dood en foltering.
Soos die noodlot wat verdoem in foltering
met die eerste ontdekking van goddelike vuur
sou die ondier rys en groot sou sy woede wees
en genadeloos die streke daarvan, dit nie uitput,
die kennis daarvan sou ‘n prys eis om dit te bevry,
om die krag te soek waarna mense as dwase aspireer.
Hul wou enige iets wees, vyande dood met dié vuur,
eindeloos nog aanhou bevry, verder aspireer,
in oorloë manne uitput, wat eindig in foltering.
The first dragon (sestina)
They went to find a thing that belched fire
a killer, a dragon what could it be?
To defeat it, to win they did aspire,
to set the people from its terror free,
it was huge as it could never tire
and where it went, there was only agony.
Those brave humble men were of all fear free
were like a mighty force that did aspire
to make men godly, as t no man should be,
to snatch from that beast it’s devouring fire
and to bring to it just death and agony
and in this quest they would not tire.
Yet all of the great brave men do aspire
to in the unknown find knowledge free
to test skill against the beast and to tire
to measure if plans full of follies be,
later to chance, to fight using its fire,
even in using if there is only agony.
They wanted the truth of its power to be free,
free to use in destruction like the strange fire
that came from heaven that fell in agony
that has the capacity to even gods to tire,
they constructed weapons that should be
the main goal to which warriors do aspire.
It may that other men could easily tire
of this overwhelming quest whose worth could be
not lovely high things, to which to aspire,
nor a guiding light sparkling over the free
but quenching of life by its terrible fire,
with it only acts of death and agony.
Then like destiny, which doomed in agony,
like the first discoverers of divine secret fire,
the beast would rise and in raving anger be
really ruthless and from tricks it will not tire,
its intimate knowledge would not come free,
to seek power in which men as fools aspire.
In pride anything to be, finishing foes with fire
while endlessly to be free they do aspire
while men tire in wars only breeding agony.
In velde vol gras in die berge (sestina)
Vanmiddag gooi die pieke ‘n skadu,
die swart klowe wat glans op die berge
as ons langs mekaar lê in die lang gras,
ek kyk in jou oë, hulle is amber groen,
onder my kop is ‘n klein harde klip,
jy glimlag vir my soos die pragtigste dame.
Voor jou was daar ‘n ander oulike dame,
daardie deel van my lewe is nou in skadu,
kerk manne het my getakel met klip op klip,
toe ek van hulle moes vlug na hoë berge
na weivelde met alles daarin groen,
om God te kon vind in velde van Sy gras.
Onder jou kop is daar ‘n kroon van gras
en jou moeder was ‘n grasieuse dame;
om ons is alles lieflik groots en groen
terwyl ons uitrus in ‘n groot koel skadu,
ons gesels oor die lewe se berge,
oor mure van baie harde graniet klip.
Jou oë glim helderder as smarag klip
wanneer jou woorde sagter is as gras,
veel hoër ryk anderkant al die berge,
die berg by ons, is ‘n gevaarlike dame,
as niks uit pyn weerkaats of selfs daar skadu,
nêrens is ‘n plek van rus, of van groen.
Jou dun somer rokkie is helder groen,
skielik het al ons pyne verander in klip,
ek volg jou verder en sien jou klein skadu,
ek word beskou as ‘n jagter van elke dame
as ons loop verby blomme wat groei in gras,
klim teen die voet heuwels van die berge.
Daar is strome wat neer plas teen sommige berge
met deurskynende water, soms koud en groen
as liefde en wellus brand in ‘n jeugdige dame
as ek op dié oomblik koud is soos klip
as ons ‘n wildsbok sien vreet aan afgeleë gras
waar ons klere lê onder ‘n boom se skadu.
Diep in die berge vry ons tot die aand skadu
as jy skelm loer soos groen moes uit die gras
voor jy ‘n klip na my gooi soos geen dame.
In fields of grass under the hills (sestina)
This afternoon the peaks throw a big shade
with the black cliffs shining up on the hills,
while we lay together in the long grass,
I look in your eyes that are amber-green
while under my head there is a small stone
and you smile at me like the prettiest lady.
I had once known another charming lady;
that part of my life is now left in shade,
bad churchmen were casting stone upon stone,
while I had to flee from them to the hills
to pastures were everything is green
to find the Lord in divine fields of grass.
Under your head there is a crown of grass
and your mother is a gracious, kind lady,
around us everything is lovely green
while we are still resting in the cool shade,
we are softly chatting about life’s hills,
about walls of very hard granite stone.
Your eyes are much brighter than emerald stone
while all of your words are softer than grass,
reaching higher and beyond all the hills,
the high mountain which is dangerous lady,
while from our pain nothing gives any shade,
nowhere is a place of rest that is green.
Your summer dress is lovely, is bright green,
suddenly all our ails have turned to stone
I follow you further; see your small shade,
I am seen as one that woos any lady,
we walk past some flowers growing in grass,
climbing up higher into the foothills.
Bright streams are splashing down some of the hills,
with water transparent, sometimes cold and green,
love and lust burns like in a youthful lady
while I at that moment feel cold as stone,
we notice a deer feeding on lone grass
while our garments lie under a tree’s shade.
Far into the hills you want love till dusk’s shade,
where you peep like some green moss from the grass,
are tossing me with a stone like no lady.
Seisoene van my eie lewe (sestina)
Toe die eerste blare van die eikeboom buite val
die son sy helderheid verloor in die blou lug
’n motor se enjin in die verte in ‘n terugslag knal
sien ek die tamatie bos se laaste vrug
maar dis ook herfs in my lewe se eie heelal
en na my jeug se dolle gang gaan my gedagtes terug.
Egter niks bring my eie verspilde jare terug
maar ek het geleer uit die pyn van opstaan en val
en soms voel my eie lewe doelloos en sonder vrug
is dit asof die lewe se donders gedurig ongenadiglik knal
en dit uit ‘n oopgesperde wolklose lug
asof daar groot fout is met die ganske heelal.
O Heer, in my gedagtes bly U steeds die God van die heelal
en bring U vir my eie ontwil gedagtes van my eie foute terug
en waar U my lewe oprig en met tye laat val
groei ek uit my dae van jeug tot U bepaalde groter vrug
en as my sade soos die van die peulboom oop knal
dan groei ek onder U eie heilige blou lug.
Nou is die daar donker wolke in die lug,
is dit winter dwarsdeur my eie wêreld se heelal
en kan my lewe nie op my eie ou paaie terug
waar elke blom terug tot ‘n tydperk van rus val
afgestroop is van elke botsel en vrug
en reën aanhoudend neer sif sonder ‘n donder wat knal.
Toe daar buite blouwit ‘n donderslag knal,
kyk ek op na die oortrokke lug,
ruik ek die eerste reëndruppels wat in die lente val
en toe kom die lente in haar glorie terug,
bid ek my dank aan die God wat heers in die heelal
en is daar orals spruite buite was sal groei tot volle vrug
Laat my lewe tot U diens kom, tot volle vrug,
en my werke tot ander deurdring en soos U donders knal
en gee aan my die reinheid van U kobaltblou lug
waar U steeds beskut met U hande uitgestrek oor die heelal
en draai my jare en my lewe heeltemal terug
dat my lewe en mensheid tot ander kan spreek voordat ek val.
O Heer, waar elkeen soms val, rig my op tot dae van U heilige vrug,
en as daar storms kom in ‘n oortrokke lug en donder van my twyfel knal
herskep dan my eie heelal en bring my nederig na U toe terug.