Jongste aktiwiteit:

24. Die legende
vir

24. Die legende

24. Die legende

Die latynse woord “legenda” beteken dit wat gelees moet word. Dus praat ons hier feitlik van ‘n Christelike sage. Dis vertellings uit die lewe van ‘n heilige of van die gebeurtenisse uit die lewe van Maria en Jesus of van die apostels of martelare wat nie in die Bybel voorkom nie. Dikwels het ‘n legende te make met ‘n wonder.

Die “Legenda Aurea” is in omtrent 1270 saamgestel deur Jacubus de Voragine. Die katolieke kerk sorg vanaf 1643 vir die te boek stelling van die “Acta Sacntorum,” wat te make het met lewensbeskrywings van heiliges.

In Nederlands skryf P.C Boutens die “Legende van Beatrius.” In Vondel se treurspel “Maechden” word die sogenaamde heilige Urusla voorgestel. In Afrikaans vind ons C.L. Leipoldt se “’n Kersnaglegende,” waarin Judas een nag in ‘n jaar uit die hel verlos word. In Uys Krige se “Die blinde se geloof” beskryf die wonder wat Maria verleen aan ‘n blinde boer wat haar toelaat om lemoene in sy boord te pluk. Olga Kirsch se “Legende vir die Sabbat,” lê ‘n ou Joodse legende vas.

Die Bybel verhaal van ongelowige Thomas, sluit so nou aan by die legende rondom sy lewe wat nie later nie verder in die Bybel vertel word nie in die weerspieëling van die karakter van Thomas.

Ek gebruik Leipoldt se “kersnaglegende,” as afspring plek vir my gedig “Kersnag legende” waarin die Satan een nag uit die hel uit kom. My gedig oor Judas Maccabeus handel ook oor die Joodse legendes van die Makkabeërs waarin Judas Maccabeus ‘n sleutel rol in die Joodse geskiedenis voor die koms van Christus gespeel het.

Thomas

Thomas het die geheime klop aan die deur gegee
en dadelik het dit oop geswaai
al sy vriende het gelyktydig gepraat.
“Thomas! Thomas, Maria het die waarheid vertel,
Hy lewe.” Maar Thomas het hulle nie geglo nie.

“Tensy ek die merke in Sy hande sien
en my vingers in die gate steek,
sal ek nie glo dat Hy lewe nie.”
Net ‘n week later terwyl die groepie vergader

het Jesus tussen hulle verskyn en gesê:
“Vrede vir julle,” na Thomas toe gedraai
en aan hom gesê: “Neem jou vingers
en ondersoek my hande. Steek jou hande
in my sy.”

Thomas het uitgeroep: “My Meester en my God!”
“Jy glo wat jou oë gesien het,
maar geseën is hulle wat glo
en nie gesien het nie.”

Thomas het nooit weer in Jesus getwyfel nie
en op besoek aan Calamina in Indië
het Thomas ‘n beeld van die son god vernietig
wat die mense daar aanbid het.

Die priesters het veroorsaak
dat hulle koning hom laat arresteer
en Thomas was veroordeel
om met rooi warm metaal plate gebrand te word
en om daarna gegooi te word

in ‘n brandende oond
en tot hulle verbasing
het die vuur hom geen skade berokken nie
en hy was steeds sonder ‘n letsel in daardie vuur

en met groot woede
het die priesters van die songod
spiese gegryp en in Thomas in gewerp
totdat hulle hom laat sterwe het.

Kersnag legende

As die aurora borealis op kersnag
magiese ligte oor die noordpool gooi,
rys Lucifer op uit sy helle ryk
om die wêreld buite te bekyk.

‘n Enkele nag weg
van die verskriklike vuur
kan voel of dit vir ewig duur
en as die ys silwer wit glinster,
staar hy oor die rein sneeu velde.

Daar is skuld gedagtes wat spookagtig
uit die silwerwit oprys
en oorweldigend vir ‘n oomblik
in sy hart kom sit.

Bo hom betower die noorderligte die nag
en herinner aan ‘n plek
met gloeiende gesteentes,
waar hy eens was
toe hy nog sonder fout
vergader het met die seuns van God.

Tower kleure word op die ysvelde
rondom hom weerkaats
van lemmetjie groen na saffier blou,
kanarie geel tot karmosyn
wat in purper verdwyn.

l’Envoi
Hy onthou die koms van die almagtige God
as ‘n baba kind,
die vreemde ster,
engele wat jubelend
aan die herders verskyn
en kinderkrete
wat in die duister nag verdwyn.

Hy lig sy sterk vuis gebal
teen van die Skepper van die heelal
in ‘n teken van verset
en sidder as ‘n donderslag naby hom knal.

[Verwysing: ‘n Kersnaglegende deur C.L. Leipoldt.]

Judas Maccabeus

In antieke tye voor Christus
het Antiochus Epiphanes Jerusalem verower,
die tempel skatte gebuit
en wou hy die Joodse godsdiens
uit die Jode verdryf.
Hy het soldate gestuur
om Joodse leiers te dwing
om griekse gode te aanbid
en so sy heerskappy voort te sit.

Judas Maccabeus was ’n gelowige seun
van sy priester vader Mattathias,
en het saam met sy broers
’n oorlog teen die siriese
heerser Antiochus Epiphanes
aan die gang gesit.

By Nahal el-Haramiah
word die goewerneur van Samaria verslaan
en staan Judas,
met Apollonius se swaard
in sy hande.

Soos ’n hamer
slaan Judas en sy klein groepie volgelinge
die siriese leer
keer op keer in stukke.

By Beth-Horon word die siriese generaal Seron verslaan
deurdat Judas ’n goeie slagveld kies
en in die nag ontwyk hy Generaal Gorgias,
wat die Makkabeërs vrugteloos in die berge soek
en word Generaal Nicor se magte oorrompel.

Diè oorwinning by Emmaus
oortuig die Siriërs
om vir ’n uitgerekte oorlog voor te berei
en later word oorwinning in Jerusalem
deur die Makkabeërs verkry
en die tempel weer gereinig en weer ingewy.

Baie mense sal sê dat die koms van kersfees
by die heidene lê,
en afkomstig is van die roomse fees Saturnalia.
Volgens Joodse legendes van die Makkabeërs
het hulle op dieselfde tyd Hanukkah gehou
en het die menora se olie vir agt dae gebrand,
terwyl daar net olie vir twee dae was.

(Hanukkah=> Joodse fees van lig en wonderwerke
Maccabeus=>hamer)




Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed