Jongste aktiwiteit:

44 Die dectina refrein
vir

44 Die dectina refrein

44 Die dectina refrein

Die dectina refrein bestaan uit1/2/3/4/5/6/7/8/9 lettergrepe per lyn en dan word die eerste vier lyne herhaal in die aparte tiende versreël en dan het die tiende versreël tien lettergrepe.

Dus het lyn een slegs ‘n woord met een lettergreep, lyn twee slegs twee lettergrepe, lyn drie slegs drie lettergrepe en so aan tot en met lyn nege waarna die woorde van lyn een tot vier as die aparte tiende versreël herhaal word.

Ronald H. Peat se gedig “A Patchwork Sky” is ‘n uitstekende voorbeeld van die dectina refrein.

Hier is my eie poging tot die dectina refrein:

In die drinkbak (Dectina Refrein)

Kyk
na die
voëltjie wat
in water bad,
in reënwater
vlerk op vlerk klap en plas,
kwetter en ander vertel
hoe lekker dit is om te was,
ander nader nooi en ook nat spat.

Kyk na die voëltjie wat in water bad.




Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Cornien het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Anze het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Tearlach het ‘n nuwe publikasie gemaak