45 Die ou Germaanse ballade vorm
45 Die ou Germaanse ballade vorm
In haar gedig “Die eerste nag,” maak Elisabeth Eybers gebruik van die ou Germaanse ballade vorm waar die elemente van vraag en antwoord afwissel, om die gedig sterk en dinamies te maak. In haar gedig vestig sy aandag op die handjies, mond en ogies van die kind wat aan die middeleeuse aanraaklied herinner. Die lewe wat op die kind wag en die nag is ook hoof elemente in hoe die strofes voort gaan. Die herhaling van die eerste kwatryn aan die einde maak die gedig siklies met ‘n gebed wat dit afsluit daarna.
In my gedig “Die Eerste nag,” maak ek van dieselfde struktuur gebruik om waar dit gaan oor die eerste seksdaad, die eerste nag, tussen twee pasgetroudes. Ek vestig aandag op die vrou wat nakend, omhelsend, met arms uitgestrek teen haar man lê, en die eerste opraping waar hy haar na die bed vir hulle oomblik van passie dra. Die krag van die verbintenis van die liefde tussen die twee mense word verder in die gedig weerspieël en ek probeer ook die gedig siklies maak met ‘n gebed tot God om die genootskap van man en vrou te seën waarmee dit eindig. Elisabeth Eybers se gedig het ek dus as ‘n riglyn gebruik vir die bepaling van die struktuur van die gedig. Die boodskappe wat ons twee gedigte oordra verskil egter deurdat dit in haar gedig gaan oor ‘n pasgebore kind en in my oor ‘n pasgetroude paartjie.
Die rymskema is: ABAB / cc / dd / ee / ff / gg / hh / ii / jj / ABAB / kk (hoofletters dui natuurlik op versreëls wat as ‘n refrein herhaal.)
Hier is my poging tot die ou Germaanse ballade vorm:
Die eerste nag (ou Germaanse ballade)
(na Elisabeth Eybers)
Hoe rustig lê jy nakend teen my in jou slaap
met arms half omhelsend oor my uitgestrek
na ek jou net ‘n rukkie terug kon opraap
ons oomblikke in ‘n ewigheid uit kon rek.
Wat sal en nou nog meer van die skepper vra
waar jy my verbinding van nuwe lewe dra?
Watter geheime is nog in jou siel verskans
terwyl die lig van liefde in jou oë dans?
Hoe kan ek ooit weer eensaam wees
met jou wat my vertrou so sonder vrees?
Hoe sal ek na ‘n ander vrou met begeerte kan kyk
as ek weet hoe die diepte van ware liefde lyk?
Hoe kan die saligheid van passie vergelyk
met jou teer blik wat vir niks afwyk?
Watter tye van verwoesting en pyn
kan ons verbintenis verwoes as jou glimlag oor my skyn?
Watter ander pragtige mens sal haar aan my verbind in tye van nood,
vreugde, geluk, teenspoed en pyn verby die lewe en die dood?
Want elkeen wat werklik liefde in iemand anders vind
sal veg teen enige ding wat dit kan verslind.
Hoe rustig lê jy nakend teen my in jou slaap
met arms half omhelsend oor my uitgestrek
na ek jou net ‘n rukkie terug kon opraap
ons oomblikke in ‘n ewigheid uit kon rek.
Almagtige God ek vra dat U, U hand sal hou
oor my en my wonderlike vrou.
[Verwysing: Die eerste nag deur Elisabeth Eybers.]