46 Die Hillard
46 Die Hillard
Die Hillard het sy ontstaan by Kimberly Hillard. Dit bestaan uit drie kwatryne en ‘n enkele lyn (dus dertien versreëls) met die rym skema:
abab / cdcd / efef / e.
Ronald H. Peat se gedig “The Flower Is Picked/ A Hillard,” is ‘n besonderse goeie vorm van hierdie tipe gedig
Ek het my gedig in 9 lettergreep metrum geskryf aangesien die tipe gedigte oorspronklike so geskryf was:
Toe jy uit my lewe uit gaan (Hillard)
a Vinnig verwelk ‘n geplukte blom
b verdwyn die helder glans, kleur en geur
a as dit uit die grond waar dit groei kom
b as mens dit sny, van eie lewe wegskeur.
c Toe jy op jou eie uit my lewe gaan
d was ons liefde ook stomp afgesny,
c toe die deur ‘n laaste keer toeslaan
d en wat tussen ons was einde kry.
e Die mooi kelke verdor krimp ineen
f terwyl die geur verslaan, slegs dof ruik,
e ek ter vergeefs oor die verval ween,
f te laat agterkom ek is gebruik,
e soos ‘n geplukte blom slegs versteen.