5. Afrikaanse poësie in die tydperk 1900 tot 1940
5. Afrikaanse poësie in die tydperk 1900 tot 1940
Ek bestudeer ‘n opsomming van Afrikaanse poësie in die tydperk van 1900 tot 1940 waar daar gemeen word dat die patriot digters se gedigte snaaks is. Die opvolgende driemanskap van Totius, Cilliers en Leipoldt se werk ernstig is, met nasionale temas oor
die natuur godsdiens en oorlog en sien dat die land se geskiedenis ietwat hierin vasgevang is.
Met die driemanskap wat net ‘n rukkie later as die boere oorlog skryf in ‘n tyd voor die werklike verstedeliking en tog staan Eugene Marais, apart van hierdie digters waar die twintigers; Visser en Van Bruggen hulle gedigte meestal baseer op erns en humor wat onakkuraat na Visser se liefdes verse kyk, maar sekere letterkundiges meen mos deesdae dat daar geen letterkundige waarde in liefdes verse is nie.
Kyk dan ook sommer lekker vir William Shakespeare mis saam met al die ander groot liefdes digters (of is daar nog mense wat soos skilpaaie glo dat die Afrikaanse letterkunde en die kanon daarvan afsonderlik en apart van die werke van die res van die wêreld staan)
en dan kom Van den Heever as ‘n oorgang digter voor die kragtige dertigers; Van Wyk Louw, Eybers,W.E.G. Louw en Krige en die sogenaamde veertigers; Opperman en Van Heerden wat humor en erns balanseer.
Nog bly die vraag by my of die waarde wat ‘n digter lewer of hoe hy of sy beskou word grootliks beoordeel word aan die tendense wat populêr is? Soms word daar baie maklik gevra watter bydra, impak ‘n betrokke digter tot die Afrikaanse taal gemaak het?
As van die later groot digters dan daardie digter wat voorheen die grootste letterkundige pryse gewen het as hopeloos beskou, hou almal dan sommer op daardie deuntjie
aan saam glo en sing.
Wat my by ‘n eienaardige ding bring dat ek wonder of die lesers wat ‘n digter op ‘n tyd as groots geag het sy digbundels meer as enige ander digters s’n aangekoop het, nie dalk instinktief iets oor sy werk aangevoel het nie?
Hier praat ek van A.G. Visser in die besonder. ‘n Man wat volgens letterkundiges eers oorskat is, toe onderskat is en nou na waarde geag word. Nog steeds word die baanbrekers werk wat hy in rondeel vorme gelewer heeltemal misgekyk. Waar rondeel vorme uiters moeilik is om te skryf in die rym arm Afrikaanse taal, wat bevestig word deur die artikel van Daniel Hugo naamlik Elizabeth CM du Toit: ‘n vergete digteres herwaardeer in die Tydskrif vir letterkunde wat gepubliseer word deur die Universiteit van Pretoria.
Hierdie vers vorms stel natuurlik hoë eise aan ‘n digter se rym vermoëns en die refrein reëls stel verstegnies en sintakties ‘n groot uitdaging aan die digter. Daniel Hugo gaan so vêr om te sê dat ‘n beginner van hierdie vorms, op die simpatie en bewondering van mede digters kan staat maak.
By A.G. Visser vind ek self “Sacsen-gruss” in die Villanelle vorm, “Is dit dan reg?” in die Rondeau vorm, “Man en vrou” in die Rondel vorm en “Misère” in die triolet vorm en dan toon die digter dit ook nog aan in hakkies by die titels van sy gedigte.
In die opstel bundel Lojale verset van 1939 skryf Van Wyk Louw: “Ek wil dit nie wreed sê nie, maar verbeel jou ‘n volk wat ‘n literatuur van A.G. Visser het, of waarin A.G. Visser een van die hoogtepunte is.” Later rasionaliseer Van Wyk Louw dat hy dit destyds gehad het nes andere teen die verkeerde ophemeling van A.G. Visser:
“Laat ek maar dadelik sê: die kritiek op Visser was grotendeels geregverdig, meen ek. Die verse waarmee hy aan ons volk as groot digter voorgehou is, is volgens geen standaard goed nie: dinge soos die bekende “Leatitia,” of “voorslag,” of die wapad is my woning” – verse wat destyds in die bekendste bloemlesings as Visser se beste werk, en as goeie poësie aangebied is. Maar dan ook ‘n hele stuk van hierdie kritiek moet beskou word as gerig teen die kritici en bloemlesers wat juis hierdie werk van Visser aangeprys het – sy tegnies gladde, maar taamlik meganiese ritmes, sy sentimentele….ek wil sê: “goedkoop” romantiekerige kant. Kritiek wat dus gerig was teen die kritici, en teen Visser se werklike swakhede.” (Van Wyk Louw, Opstelle oor ons ouer digters P 105.)
Tog wonder ek of die grootste Van Wyk Louw nie in dieselfde romantiekerige strik trap met sy sensuele gedig “Wordende Naakt” waar daar ‘n karakter verskuiwing is van die karakter vanaf sy na jy en dit dus meer persoonlik word, maar dan is hierdie slegs my eie siening en ek beskou nogtans vir Van Wyk Louw as die grootste Afrikaanse digter tot op hede.
Merwe Scholtz se artikel: “die plek van die hele Visser in die Afrikaanse poësie”, wat ingesluit is in A.G. Visser versamelde gedigte (uitgegee deur Tafelberg) toon hoe Van Wyk Louw nie vir Visser verwerp het nie maar sy negatiewe reaksie gebruik het om ‘n nuwe poëtiese idioom tot stand te bring. So byvoorbeeld word die “Vier gebede by jaaargetye in die Boland” (Waarvan vroegherfs die bekendste gedig is) van Van Wyk Louw geskryf in opstand teen AG Visser se gedig “Was ek ‘n sanger.” Van Wyk Louw se aanvang van “Die Profeet” en “ A.G. Visser se gedig “Vry!” het ook ‘n soortgelyke impak, maar hier eggo Van Wyk Louw eerder vir Visser.
“Die sentrale argument ten gunste van die Voortrekkers, soos verwoord deur die Voorspraak en die Man, die kon Louw net so by Visser lees. En ook vir ander verse van “Vry!” is daar maats in “die dieper reg.” Ek noem ‘n paar: ‘n mens sien party van hulle as ‘t ware in ‘n oogopslag raak… “U het, O Heer, ons volk met eie / Hand gelei, opdat hul rein U woord bewaar, / Van Noord tot Suid langs weë wonderbaar…” Naas, dis weer die Man wat aan die woord is: “Ek weet U lei langs vreemde paaie.” U het, o Heer sê die stem in “Vry!”, ons gelei langs weë wonderbaar “En ons vreemde sterre hier geplant. / “Om vryheidswil, verlaat die Suiderstrand…” Van die mooiste en bekendste verse in “die dieper reg” klink soos ‘n verre eggo uit hierdie reëls op: “O wye en droewe land, alleen / onder die groot suidersterre.”” (A.G. Visser versamelde verse (1981) Tafelberg. (Die plek van die hele Visser in die Afrikaanse poësie deur Merwe Scholtz) P18.
Selfs die kritici wat meen dat daar geen erotiek in ‘n gedig van A.G. Visser is, het dit vêr mis en kyk nie goed genoeg na die grootse Rosa Rosarum en “die purper Iris” nie. Hoe opvallend is dit dan nie dat die lyne” “Kom waar die lelie – die blanke, die reine – skugter haar bloesem ontbloot na die maan,” eerder semanties dui op boesem waar die reël sê: “skoonste juweel op die bors van die nag.”
In die volgende strofe is dit ook heel duidelik, dat seksuele gemeenskap beskryf word in terme van Indiese mitologie: “Daar in die vywer, bestraal deur Arjana open die lotus haar heilige kelk, dan eers bereik sy die hoogste – Nirvana – as sy in glorie van songloed verwelk.” Hierdie versreël staan in sterk kontras teen die versreëls in “die purper Iris:” “Slegs een maal elke duisend jaar bloei purper in die lotuskelk van heilige Manassowaar – ‘n Iris wat nooit weer verwelk. Al wie haar duister-skoon aanskou, ontluikend vir Arjana straal, die sal volmaak geluk behou, Nibbaam vir die siel behaal. So het die Brahmin self verklaar – en voor my blink Manassowaar.” Maar betekenis gewys is dit dan juis aanvullend tot die seksuele daad. Die slot strofe van die gedig “die purper Iris” sê dan juis: “Toe dag breek in die skadus vlug- As hoë liefde hoogty vier..En ek ontwaak en vind jou hier en skou weer in die oë trou van my aanbidding …toe en nou.”