Jongste aktiwiteit:

50 Die Verminderende Hexavers en die Nonet
vir

50 Die Verminderende Hexavers en die Nonet

50 Die Verminderende Hexavers en die Nonet

Die verminderende hexavers (“Diminished Hexaverse”) tipe gedig, is ‘n gedig wat stansas bevat as vyf lyne, gevolg deur vier lyne, dan drie lyne, dan twee lyne en wat eindig met ‘n enkele lyn wat ‘n enkele woord is.

Die aantal lyne is ook in ooreenstemming met die aantal lettergrepe per lyn. So sal die stansa met vyf lyne ook vyf lettergrepe per lyn bevat, die met vier lyne slegs vier lettergrepe per lyn ensovoorts en eindig met ‘n enkele lyn met ‘n woord, wat uit slegs een lettergreep bestaan.

Tatyana Carney se gedig “Love, At Last…” is ‘n baie goeie voorbeeld van hierdie vers vorm.

Hier is my poging tot die verminderende hexavers:

As jy vroegoggend (verminderende hexavers)

As jy vroegoggend
na my toe kom, lag,
jou oë groen skitter,
jou lippe glimmend
verander alles,

word ek vrolik,
word my dag bly,
is daar ‘n soen
wat onverwag

soet, vurig
my lippe
vind, as ek

jou sien,
jou oë

glim.

‘n Nonet het nege lyne. Die eerste lyn het nege lettergrepe en die lettergrepe verminder met een per lyn sodat die volgende lyn agt lettergrepe het, die een daarna sewe ensovoorts tot mens eindig met ‘n lyn wat net een lettergreep bevat en ‘n enkele woord.

Suzanne Honour se “School” en Meraai vannie baai se “Pret met ‘n nonet,” is uitmuntende voorbeelde van hierdie vers vorm.

Hier is my poging tot die nonet:

Betowering (nonet)

Daar was ‘n betowering, wat vang
toe ek jou die eerste keer sien,
‘n soort aangetrokkenheid
met my maag wat fladder,
my voete skoon lam
en toe jy lag,
klokhelder,
was ek
stom.




Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Cornien het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Anze het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Tearlach het ‘n nuwe publikasie gemaak