Jongste aktiwiteit:

53 Die kristal gedig (Crystalline)
vir

53 Die kristal gedig (Crystalline)

53 Die kristal gedig (Crystalline)

Die kristal gedig (Crystalline) is ‘n twee lyn, beeldende tipe gedig wat baie keer ‘n titel het, waarin eufonie (1) (2) (3) (welluidendheid) die sleutel rol speel. Elke lyn kan 8 of 9 lettergrepe hê, sodat ‘n totaal van sewentien lettergrepe in die hele gedig voorkom.

Brian Strand se gedig “#3” wat ek hier onder aanhaal is ‘n goeie voorbeeld van die kristal (Crystalline) gedig:

“#3”

“My fingers reach to touch the sky
where swallows circle, then southwards fly.”

Hier is ‘n klompie gedigte waar ek die kristal vorm aandurf:

As ligdag kom (kristal gedig)

(vir Annelize)

As ligdag kom, sy in my arms loop,
lê die wêreld vir my en haar oop.

Is jy weg (Kristal gedig)

(vir Annelize)

Soos ‘n akkedis in skeure klou,
is jy weg en weer vind ek jou.

Korreltjie sand (kristal gedig)

In die almagtige God se hand
is die aarde ‘n korreltjie sand

My wêreld ontwaak (kristal gedig)

My wêreld ontwaak met eerste lig
met God se son op my gesig

Die rinkhals (kristal gedig)

Wat se die rinkhals as hy sis,
anders as hoe dodelik hy is?

Die rooi bal (kristal gedig)

Ek wil die rooi bal van die son vang,
voor dit warm die wêreld verlig.

My vingers wil die sterre pluk (kristal gedig)

My vingers wil die sterre pluk,
wat blou skitter in die duisternis.

Die reën spat liefderyk (kristal gedig)

Die reën spat liefderyk teen my wang,
waar dit nat op die aarde val.

As die wind strelend my koel omhels (kristal gedig)

As die wind strelend my koel omhels,
ritsel dit deur gras soos dit waai.

Kristal gedigte vir my allerliefs

(vir Annelize)

Toe jy my los (Kristal gedig)

Toe jy my los was ek stukkend verby
maar ek lief jou en jy vir my.

*

In my hart (Kristal gedig)

In my hart bly jy nog bestaan,
al gaan my lewe sonder jou aan.

*

Ek het die eerste foto (Kristal gedig)

Ek het die eerste foto van jou,
werklik, nie net in die onthou.

*

Gedurig verlang ek (Kristal gedig)

Gedurig verlang ek na jou
waar ek jou aan God bly toevertrou.

*

In die diepte van liefde (Kristal gedig)

In die diepte van wat liefde is
bring jy my tot betekenis.

*

Die hele Boland (Kristal gedig)

Die hele Boland lag in jou oë,
wat maak dat ek aan liefde glo.

*

Mooi is jy (Kristal gedig)

Mooi is jy onnatuurlik vir my
netsoos soos ‘n engel is jy.

*

Jy is vlees en bloed (Kristal gedig)

Jy is vlees en bloed, pragtig vir my,
en vêr by net beeldskoon verby.

*

Jy is ‘n prinses (Kristal gedig)

Jy is ‘n prinses in jou sonrok
as jou mooi glimlag my oë lok.

*

Ek jubel (Kristal gedig)

“Ek het jou jare lief,” sê jy,
ek jubel want jy is lief vir my.

*

In gedagtes (Kristal gedig)

In gedagtes is jy saam met my,
dis waar nie net nog ‘n cliché.

Jy bel (Kristal gedig)

Jy bel en sê dat jy gaan kom
my dag draai om en ek is verstom.

*

Jy is die een (Kristal gedig)

Jy is die grond waarin ek groei
waaroor my trane van geluk vloei.

*

Jy kom en vat my (Kristal gedig)

Jy kom en vat my aan die hand
in dié verwoeste verbete land.

*

Niemand kan sulke liefde verklaar (Kristal gedig)

Niemand kan sulke liefde verklaar
want deur jou word my drome waar.

Die son brand (kristal gedig)

(vir Annelize)

Die son brand hier die hemel blou
en ek is so innig lief vir jou.

© Gert Strydom

Met jou liefde (kristal gedig)

(vir Annelize)

Met jou liefde maak jy my dol
en altyd maak jy my lewe vol.

Kristal gedigte as borsbeeldjies

(na A. G. Visser)

I Politikus (Kristal gedig)

Dis ‘n man wat mense diep vertrou,
wat maar nooit by die waarheid hou.

II Teoloog aan ‘n sekere Universiteit (Kristal gedig)

Hy is oor God baie hoog geleer
maar wil vir Jesus nie meer eer

III Predikant (Kristal gedig)

Hy spring oral om vuur dood te slaan
maar weet nie werklik wat gaan aan.

IV Die ouderling (Kristal gedig)

By die kerk is daar mense wat kloek
wat hy nooit in die week besoek.

V ‘n Sekere hoofouderling (Kristal gedig)

Hy kan mense stukkend sommer slaan,
kan nie in hulle skoene staan.

VI ‘n Sekere dokter (Kristal gedig)

Hy wil eerder ‘n groot vriend wees
as om mense werklik te genees.

VII ‘n Strydbare man (Kristal gedig)

In die bosoorlog in was hy
maar as ‘n witman word hy vermy.

[Verwysing: “Borsbeeldjies deur A. G. Visser.]

Voetnotas:
(1) Eufonie of welluidendheid is die prag van klank van veral ‘n woord of frase wat ‘n tipe van harmonie probeer bring. Microsoft Encarta Dictionary.

(2) ‘n Welluidende klank, die kwaliteit om dit te hê (gewoonlik in ‘n woord of frase ensovoorts) The Concise Oxford Dictionary 1956.

(3) “Eufonie: Welluidendheid” “Welluidend: “Aangenaam klinkend, vir die gehoor: ‘n Welluidende stem. welluidendheid” Verklarende Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal. 1977.




Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Rika Gerryts het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Rosalee het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • HENN het ‘n nuwe publikasie gemaak