Jongste aktiwiteit:

57 Die anafoor gedig
vir

57 Die anafoor gedig

57 Die anafoor gedig

‘n Anafoor is die herhaling van ‘n woord of van ‘n frase by die begin van opeenvolgende sinne of klousules. Dit kan ook die gebruik van ‘n woord wees wat verwys na of ‘n woord vervang wat vroeër gebruik is. (1)

‘n Anafoor (2) is die herhaling van dieselfde woord of woorde by die begin van opeenvolgende sinsnedes van ‘n sin. (3)

Ronald Peat se gedig “I’ll Only Think Tomorrow” is ‘n dubbel anafoor gedig en maak dus van twee anafore gebruik en is ‘n baie goeie voorbeeld van hierdie soort gedig en sy gedig se metafoor verwys na ‘n verlore geliefde wat ‘n herinnering is.

Hier is my poging tot die anafoor gedig:

As die son laatmiddag sak (Anafoor gedig)

As die son laatmiddag net bo die bome en rante hang,
dink ek dat jy die kleure van die wolke self moes sien,
dink ek dat dit pragtig in jou landskap skildery sou wees,
dink ek dat die skemer ‘n stilte bring, eensaam sonder jou is,
dink ek dat jy laat is, miskien nog werk, dalk ander planne het,
dink ek dat die wolke wat toetrek jou met reën gaan vang,
dink ek dat die duiwe môreaand ook so sal ogies maak en koer,
dink ek dat die jasmyn en laventel môreaand die lug sal vul.
Dink ek sal droom van takke wat in die wind op die dak klap,
dink ek dat ek jou môre dalk die laaste keer gaan sien.

Voetnotas:

(1) Microsoft Encarta Encyclopedia dictionary.

(2) ‘n Anafoor is “’n woord by uitsondering ook ‘n woordgroep, wat terugverwys na ‘n reeds genoemde saak. Die betreklike voornaamwoord en voornaamwoorde soos hy, sy, dit, hulle word hoofsaaklik as anafore gebruik. ‘n Stylfiguur wat bestaan in die herhaling van dieselfde element(e) in opeenvolgende sinne of dele.” de Villiers, M; Smuts, J; Eksteen, L.C; Gouws, R.H. Nasionale Woordeboek, Nasou Beperk. 1987.

(3) Smith, A.H; O’Loughlin, J.L.N. Odhams Dictonary of the English Language. Odhams Press Ltd. London.




Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed