Jongste aktiwiteit:

59 Die sextilla of Spaanse sestet
vir

59 Die sextilla of Spaanse sestet

59 Die sextilla of Spaanse sestet

Die sextilla of sestet is van Spaans een Portugese afkoms vanaf die veertiende eeu. Die beroemdste sextillas was geskryf deur die Spaanse digter Jorge Manrique waar hy verse oor die dood van sy vader in tagtig stansas geskryf het.

Die sextilla of Spaanse sestet is ‘n vers met ses versreëls met agt lettergrepe per versreël. Die rymskema kan enige van die volgende twee wees: aabccb of abbacc. Mens kan ‘n gedig skryf wat uit verskeie sextilla’s bestaan maar moet dan dieselfde rymskema dwarsdeur gebruik en dit byvoorbeeld afwissel as abbacc / deedff / ghhgii … of aabccb / ddeffe / gghiih… ensovoorts.

Susurrus-tacet het ‘n besondere goeie voorbeeld geskryf in sy gedig “When I knew love.” MsJewel se “Missing Him” is ook ‘n uitstekende sextilla.

Lorraine Dafney se gedigte “Reach For It.” en “Spanish Eggs”, Gaer Llyd se “Equinox September” Ryter Roethicle se “Autumn Love, “For a while” en “Winters Return” is almal goeie voorbeelde van die sextilla
Hier is my pogings tot die sextilla in beide Afrikaans en Engels:

Ek sien jou weg stap en verdwyn (sextilla / sestet)

Ek sien jou weg stap en verdwyn
as die volmaan daar buite skyn
en jy is skielik van my vry
as ster nat strate skielik blink,
die lig op die toring rooi wink
en ek nog steeds jou liewer kry.

Dis in provance wat ons dans (sextilla / sestet)

Dis in provance wat ons dans
as ek die eerste whiskey drink
die Riviera se liggies blink
‘n ster spring aan die hemeltrans;
met jou vat ek ‘n wilde kans.

As jou glimlag my lok en tart
sien ek jou gesig in my glas
as ek nog meer drank daarin plas
en jy lag met geluk en smart
gee skielik lewe aan my hart.

As jou voetval my agtervolg
nooi jy my saam na jou woonstel,
waar ek geld vir die taxi tel,
ons saam in die voorportaal staan
jy jou arms sag om my nek slaan.

‘n Jong paar loop laggend verby
as jy onnutsig lieflik lyk
met helder blou oë na my kyk
voor jy my aan die hand beet kry
ons op met die ry trappe stap
jou heupe swaai, jy fyntjies trap.

Toe ons by jou woonsteldeur kom
vind jou lippe skielik myne
ken ek net daar geen meer pyne
buite is daar neonligte wat blom
bo ons sterre wat wit skitter
en jou lyf is soet en bitter.




Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed