Jongste aktiwiteit:

60 Die Englynon / Englyn
vir

60 Die Englynon / Englyn

60 Die Englynon / Englyn

Die Walliesers en Iere deel ‘n soortgelyke kultuur en netsoos die Iere hulle “Tir na nOg” (die land van die ewige jeug) het, het die Walliesers hulle “Annwfn” (die land van die ondergrond). Deurdat hulle ‘n soortgelyke erfenis deel is dit nie aardig dat die Walliese digkuns netso gekompliseerd is, as die Ierse digkuns met nadruk op klank strukture, waar rym nie so belangrik is as herhaling, alliterasie, assonansie en ritme.

Die Englyn is ‘n tradisionele Walliese en Corniese kort gedig. Dit gebruik ‘n metrum, met ‘n spesifieke aantal lettergrepe per lyn, en vasgestelde patrone van rym en halfrym en of alliterasie. Daar is agt verskillende tipes van englyn gedigte.

Englyn cyrch

Die englyn cyrch bestaan uit ‘n stansa van vier sewe lettergrepige versreëls. Versreëls 1, 2 en vier rym met mekaar. Die derde versreël rym met ‘n woord in die middel van die vierde versreël met die derde, of vierde of vyfde lettergreep.

Die rymskema is:

a a b (b x x x a)

Grafiese voorstelling van rymskema:

x x x x x x x a
x x x x x x x a
x x x x x x x b
x x x b x x x a

Hier is my pogings tot die englyn cyrch:

Vrot kos (englyn cyrch)

Dit was toe eintlik maklik
om iets so afsigtelik
heeltemal te kan vermy;
vrot kos bly onbehaaglik.

Englyn lleddfbroest

Die stansa van die engly lleddfbroest bestaan uit vier sewe lettergrepige versreëls. Al vier versreëls moet rym met ae of oe of wy of ei.

Die rymskema is: a a a a

Grafiese voorstelling van rymskema:

x x x x x x ei
x x x x x x ei
x x x x x x ei
x x x x x x ei

Hier is my poging tot die englyn lleddfbroest:

Werk (englyn lleddfbroest )

Sy eie hande voel netsoos klei
toe hy wonder wat aanlei
dat hy so hard moet aarbei;
hy kan geen rede aflei.

Sy het die pragtigste oë (englyn lleddfbroest )

Sy het die pragtigste oë
wat skitter soos mooi reënboë,
met die sonderlinge vermoë
om my skielik op te toë.

Englyn milwr

Die englyn milwr bestaan uit ‘n stansa van drie versreëls met sewe lettergrepe elke wat met mekaar rym.

Die rymskema is: a a a

Grafiese voorstelling van rymskema:

x x x x x x a
x x x x x x a
x x x x x x a

Hier is my poging tot die englyn milwr:

Motorfiets ry (englyn milwr)

Wanneer jy motorfiets ry,
die wind deur jou hare sny
is daar plesier wat jy kry.

Englyn penfyr

Die englyn penfyr bestaan uit ‘n stansa van drie versreëls. Die eerste versreël het tien lettergrepe, die tweede en derde versreëls het elk sewe lettergrepe. Die laaste woord op die eerste versreël verbind met die eerste woord op die tweede versreël deur middel van rym, of assonansie of alliterasie en versreëls twee en drie rym met mekaar.

Die rymskema is: (x a) (a x x x x x b) b

Grafiese voorstelling van rymskema:

x x x x x x x x (x a)
a x x x x x b
x x x x x x b

Hier is my poging tot die englyn penfyr:

Ontwaking (englyn penfyr)

Al reeds vroegoggend bak die wit warm son,
kon ek maar toe wakker word
voor die reën later neerstort.

Englyn proest dalgron

Die englyn proest dalgron bestaan uit ‘n stansa van vier versreëls van sewe lettergrepe elk wat met mekaar verbind word deur halfrym (assonansie).

Die rymskema is: a a a a

Grafiese voorstelling van rymskema:

x x x x x x oe
x x x x x x oe
x x x x x x oe
x x x x x x oe

Hier is my poging tot die englyn proest dalgroen:

Na die berowing van ‘n kar (englyn proest dalgron)

Ek kon hulle iets aandoen,
my weemoed skryf in ‘n boek
selfs dalk vir God daar aanroep
voor ek die saak self aanroer.

Englyn proest gadwynog

Die englyn proest gadwynog bestaan uit ‘n stansa van vier sewe lettergrepige versreëls. Versreëls een en drie rym met mekaar. Versreëls twee en drie is halfrym (assonansie) van mekaar en van die rymende versreëls.

Die rymskema is: a assos a assos

Grafiese voorstelling van rymskema:

x x x x x x a
x x x x x x assos
x x x x x x a
x x x x x x assos

Draad span (englyn proest gadwynog)

In die grond plant ons ‘n paal,
terwyl ‘n werker lank gaap
die pik donderend neerdaal
klippe tot stof stukkend slaan.

Englyn unodle crwca

Die eerste versreël van die Englyn het tien lettergrepe, die tweede versreël het ses lettergrepe, die derde versreël het sewe lettergrepe en die laaste versreël het sewe lettergrepe.

Binne die eerste versreël is daar ‘n woord wat halfrym met die laaste woord op die tweede versreël. Die laaste woord op die eerste versreël rym met ‘n woord binne die tweede versreël. Die laaste woord op die tweede versreël verbind deur middel van assonansie (halfrym) met die laaste woorde van versreëls drie en vier. Versreëls drie en vier rym met mekaar.

Die rymskema is: (a x x b) (b x x a) a a

Grafiese voorstelling van rymskema:

x x x x x x a x x b
x x b x x a
x x x x x x a
x x x x x x a

Robertson Davies se gedig “The Old Journalist” is ‘n uitstekende voorbeeld in Engels

Hier is my pogings in Afrikaans en Engels van die englyn unodle crwca:

Verdoemde gevangene (Englyn unodle crwca)

Hy loop swaar en statig –wonder hoe veel
treë, verbeel dis stadig,
hy verloor sy ewewig;
wagte is steeds aanwesig.

Englyn unodle union

Die englyn unodle union bestaan vier versreëls. Die eerste en tweede versreëls is sewe lettergrepig. Die derde versreël is tien lettergrepig. Die vierde versreël is ses lettergrepig. Versreëls een, twee en drie rym met mekaar en met ‘n woord binne in versreël drie. Die laaste woord van die derde versreël halfrym (het assonansie) met die derde lettergreep in die vierde versreël.

Die rymskema is: a a (a x x b) (b x x a)

Grafiese voorstelling van rymskema:

x x x x x x a
x x x x x x a
x x x x x x a x x b
x x b x x a

Hier is my poging tot die englyn unodle union:

Inbraak (englyn unodle union)

Toe die son skielik stilstaan
het ek in die huis gegaan
rowers, het net toegeslaan toe ek vlug
my terugbring, tyd gaan staan.




Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed