Jongste aktiwiteit:

65 Die Quatern
vir

65 Die Quatern

65 Die Quatern

Die qautern is ‘n sestien versreël Franse versvorm wat bestaan uit vier kwatryne. Dit word in agt lettergrepe per versreël geskryf met ‘n refrein wat op verskillende plekke in elke kwatryn voorkom en hierdie versvorm is soortgelyk aan die kyrielle.

Vir die rymende quatern is die rymskema:

A1bab / cA1ca / adA1d / eaeA1 (Soos gewoonlik dui hoofletter die refrein aan.)

Ryter Roethicle se gedigte “Tease,” “Autumn in Melbourne,” “Blessed Heaven,” “Creatures of the Night,” “Dark Lord,” “Finale in the Rain,” “I Taste Your Essence,” “Jealous for a while,” “Journey on a different path,” “No Yes In Yesterday,” “The Waratah” en “X Morning” is net ‘n klompie van die uitstekende voorbeelde tot die qautern.

Hier is my poging tot die rymende quatern:

Uit hierdie stad wou ek ontvlug (Quatern)

A1 Uit hierdie stad wou ek ontvlug,
b iewers anders ‘n toevlug vind,
a nooit weer wou ek hierheen terug
b waar straatligte mens soms verblind.

c Ek dink nog aan hoe dit eens was,
A1 uit hierdie stad wou ek ontvlug,
c ek kon nie in dié miernes pas,
a soek na iewers elders ‘n brug.

a Vir dit om my is ek bedug,
d vry wou ek ook op die strand dwaal,
A1 uit hierdie stad wou ek ontvlug,
d ‘n trein, ‘n bus na iewers haal.

e Nou plas ek in die stad se stroom,
a kom soms nog in die buitelug
e en van hier weg kom kan ek droom,
A1 uit hierdie stad wou ek ontvlug.

Vir die rymlose quatern is die refrein in die eerste versreël van die eerste kwatryn, in die tweede versreël van die tweede kwatryn, in die derde versreël van die derde kwatryn en in die vierde versreël van die vierde kwatryn.

Hier is my voorbeelde van quatern in vrye vers vorm:

Vyandelike spore (vrye vers Quatern)

Daar is spore net waar ek kyk, (refrein)
die vyand kan enige plek wees,
die spoor verras die spoorsnyer,
hy kyk versigtig hier en daar.

Vir my lyk die spore eenders,
daar is spore net waar ek kyk, (refrein)
ek weet nie van waar hulle kom,
hoeveel van die vyand daar is.

Dis vir die spoorsnyer bekend
die manier hoe dit lê, die lyn,
daar is spore net waar ek kyk, (refrein)
wat baie net soos myne is.

Ons drink water onder ‘n boom,
vind daarso toe ‘n soort fopmyn
wat my amper bokveld toe stuur,
daar is spore net waar ek kyk. (refrein)




Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed