Jongste aktiwiteit:

73 Die ABCEDAROAM /ABC gedog striltuur
vir

73 Die ABCEDAROAM /ABC gedog striltuur

73 Die ABCEDAROAM /ABC gedog striltuur

Die ABCEDARIAN of ABC gedig stel ‘n groot uitdaging aan die digter aangesien die woorde daarvan bestaan uit opeenvolgende letters van die alfabet en dit redelik moeilik is om dan die woorde kronologies in te span.

Hier is my poging tot ‘n gedigte in Afrikaans en Engels in die ABCEDARIAN vers struktuur:

Ai, by Ceres draal ek (ABCEDARIAN)

Ai, by Ceres draal ek.
Familie gee hier inderdaad,
jenewer konfyt,
lekker moerbeie nog opgekook;
perfekte quartbottels.
Rye suiker-bye toor
uitstekende vrugte,
wedywer xenogamies:
ylingse zoemery.

On the hunt (ABCEDARIAN)

A big cat darts energetically forward,
growls hungry, ignores juicy kangaroos,
lengthens mighty necessary obscure paces,
quietly rushes sneaking towards uncommon,
velvet, whinnying, zealous, yawning zebras.

Hier is ‘n ander gedig wat ek geskryf het as ‘n tipe ABC storietjie in ‘n ander formaat:

In die tuin

Ag, nee sê die dogtertjie.
Bye draai om haar om en om in die tuin.
Caesar staan voor haar,
dadelik gereed met ‘n hout swaard in sy hand,

ergernis is op sy gesig.
Filistyne om te oorwin is daar nie.
Geniepsige bye wil hom ook bykom.
Hy peper ‘n paar as vyande neer.

Ibisse vlieg verskrik en skreeuend op,
juis toe ‘n hele swerm bye toe wil sak,
klein venynige verpestinge wat steek en steek.
“Los ons uit julle duiwels,” skreeu hy.

“Maak nog vrek,” laat sy prinses benoud hoor.
Nog meer vlieg venynig nader,
orals om hulle is daar nou vyande,
party is kwaaier as van die ander. Wie is die ellendige

quisling, wat hulle aan die vyande verraai?
Raai kan hulle nie nou terwyl vyande nader swiep,
steek en zoem en hulle
terug moet val.

Uitgelewer moet hulle die stryd gewonne gee,
vinnig gaan skuiling vind, dekking iewers slaan
waar geen bye in kan kom en soos ‘n regte
xantippe gil mamma op hulle.

Ylhoofdig strompel hulle die huis binne.
Zulu, die maltese poedel tjank, aanhoudend buite.




Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed