Jongste aktiwiteit:

75 Ae freslighe
vir

75 Ae freslighe

75 Ae freslighe

Die “Ae freslighe” is van Ierse afkoms. Tot die vyfde eeu was die enigste geskrewe vorm van Iers “Ogham,” wat gebruik was om in bome en op grafstene te kerf. Gaeliese digkuns was gebaseer op klank strukture, wat gebruik was om hulle maklik te maak om onthou te word. Rym was minder belangrik as herhaling, alliterasie en ritme.
Elke stansa van die “Ae freslighe” is ‘n kwatryn met sewe lettergrepe per versreël. Die rym in versreëls een en drie rym met drie letters en versreëls twee en vier, rym met twee letters. Die gedig moet met die eerste woord waarmee dit begin het of met die hele eerste versreël daarvan eindig, aangesien Ierse digkuns siklies is.

Hier is ‘n grafiese voorbeeld van hierdie versvorm:

x x x x (x x a)
x x x x x (x b)
x x x x (x x a)
x x x x x (x b)

Leny Roovers se gedig “Undressed” is ‘n goeie voorbeeld van die “Ae freslighe.”

Hier is my pogings tot die “Ae freslighe” in Afrikaans en Engels:

As die lente skielik kom (Ae freslighe)

Dit is of kleur op kleur spring,
in geel, oranje en wit
wat dan skielik string op string
oral op die takke sit.

Wat ‘n eienaardige ding,
as die lente skielik kom
voëls dan orals begin sing
en daar is blomme alom

as die lente liefde bring,
bruis die lewe altemit
op ‘n gelukkige sending,
is daar iets pragtig in dit.

Flowering (Ae freslighe)

Flowering trees stand shaking
as in their branches birds play,
in the morn I am waking
to a sunny kind of day.

It is during times of spring
in nature, I want to stay
to see the flowers rising
before the sun sneaks away.

The blooming does love display;
in this time there is something
that takes all your cares away
when all blossoms are flowering.




Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Cornien het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Anze het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Tearlach het ‘n nuwe publikasie gemaak