76 Die fibonacci gedig
76 Die fibonacci gedig
‘n Fibonacci reeks is ‘n reeks getalle waarvan elke getal die som is, van die twee voorafgaande getalle. Die Italiaanse wiskundige Leonardo Fibonacci het hierdie getalle reeks uitgevind wat baie interessante eienskappe het en wyd gebruik word in wiskunde. Natuurlike patrone, soos die groei van spiraal tipe blare op sommige bome vertoon baie maal die fibonacci reeks.
(kn = kn-1 + kn-2—byvoorbeeld, 1, 2, 3, 5, 8, 13,. . .)
In die fibonacci gedig moet die aantal lettergrepe in elke lyn gelyk wees aan die som van die lettergrepe in die twee vorige lyne. Gebruik een om te begin, Tel dus volgende 0 en 1 saam, daarna 1 plus 1, dan 2 plus 1 en so aan. Die eerste string Fibonnacci syfers is dus: 0,1,1,2,3,5,8,13,21… (en vir digkuns 1 lettergreep,1 lettergreep, 2 lettergrepe, 3 lettergrepe, 5 lettergrepe, 8 lettergrepe,13 lettergrepe, 21 lettergrepe …) vir die aantal lettergrepe wat per versreël voorkom.
Hier is my pogings tot die fibonacci tipe gedig:
Om te leef (fibonacci)
Om
te
leef is
wiskundig as
mense gemeen is
as punte op dieselfde vlak.
Life (fibonacci)
Life
is
like maths
when people find
themselves common as
points bearing meaning in a plane.