77 Die Sijo
77 Die Sijo
Die sijo is ‘n klassieke vorm van ongerymde digkuns in Korea. Die Sijo het drie lang versreëls. Elke versreël varieer tussen veertien en sestien lettergrepe per versreël. Die eerste versreël stel ‘n tema, die tweed versreël stel dit tee en die derde versreël los die gedig op / ontbind dit.
Hier is my pogings tot die sijo:
Die speletjies wat ons speel (sijo)
Gedurende ons jeug speel ons speletjies sonder skuld,
deur die gier om hulle te speel was daar ‘n soort blote geluk,
as volwassenes is die lewe sonder absolusie.
Om somer te rek (sijo)
Daar moet ‘n manier wees om die somer meer uit te rek,
dit langer te trek soos die skaduwees van die bome
dat die kort tydjie met my liefling lewenslank kan draal.
Skemerte (sijo)
Helder warm skyn die son neer op party lieflike somer dae
as die goue maan romanties glimlag gedurende lang nagte,
waar is ons met sonop en onder, as skemer die twee verdeel?