79 Die “requiescat”
79 Die “requiescat”
Die “requiescat” is ‘n tipe elegie en ‘n liriese digsoort waar die inhoud die vorm bepaal, maar anders as ‘n gewone elegie wat bloot ‘n roudig is oor ‘n afgestorwe geliefde, (wat gewoonlik hartseer, eensaamheid en pyn uitdruk) is die “requiescat” is ‘n wens of gebed vir ‘n dooie mens om tot rus te kom.
Dorothy Parker se gedig “Requiescat” se slot versreëls is baie amusant waar sy God vra dat daardie persoon nie weer moet verrys nie. Sy het die manier om in dit wat bisar is die amusante te sien en is uiters skerp met haar woorde. Oscar Wilde se gedig “Requescat” is ook ‘n goeie voorbeeld van hierdie soort versvorm
Hier is my gedig wat ek as ‘n “requiescat” geskryf het:
Vêr te lank het jy in my drome in gedwaal (requiescat)
Vêr te lank het jy in my drome in gedwaal
maar vannag met hierdie silwer maanskyn
wil ek jou uit my dryf,
alhoewel ek jou mis, bid ek vannag
terwyl die son sterf in die weste
dat vrede en saligheid joune word,
in liefde vra ek jou om te rus
in hierdie wêreld se duister ure
en as God weer kom
dat Hy jou in geregtigheid opwek,
die wolke maal en ek ruik reën
maar daar is slegs stilte en duisternis,
as die ure verbygaan en moegheid my vind
word slaap ‘n soort toevlugsoord.