80 Die Kimo
80 Die Kimo
Die Kimo is ‘n digvorm wat na die haikoe in Israel ontwikkel het en is soortgelyk aan die haiko, maar dit bestaan uit drie versreëls sonder volrym met 10, 7 en 6 lettergrepe in die drie lyne.
Hier is my poging tot ‘n klompie kimo gedigte::
Kimo’s oor die natuur in die stad
Die donder vertak, knetter blouwit neer
op die binne oog is daar
God se krag afgedruk.
*
By die ou dam kring reëndruppels rond uit,
voor ‘n vis goud glinsterend
deur die oppervlak breek.
*
Met die eerste koue stortbui wat val
sis stoom in spierwit wolke
wat na die hemel tas.
*
Geen padda wat kwaak of kriek wat skril skreeu
is hoorbaar bo die lawaai
van ‘n trein en lorries.