Jongste aktiwiteit:

81 Die Huitain
vir

81 Die Huitain

81 Die Huitain

Die huitain gedig het uit die Franse ballade ontwikkel en is soortgelyk in die stansas van die “Monk’s Tale” van die Britse digter Chaucer. Die gedig bestaan uit ‘n oktaaf van agt versreëls met agt lettergrepe per versreël met die rymskema: ababbcbc.

Die huitain versvorm was uiters gewild gedurende die sestiende eeu en gewoonlik gebruik in epigramme in die agtiende eeu.

Hier is my poging tot die huitain:

Ou groot son (huitain)

Met goud hang jy elke dag hoog
aan die blou lug en sprei jou gloed,
vanaf jou koms as ‘n rooi oog
met groot prag in die kleur van bloed
en dan rys jy hoër op, met spoed,
as daar ontploffings in jou woed
maar met duisternis is jy weg
soms gouer as mens dit vermoed
en aan rus word waarde geheg.




Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed