83 Die tyburn
83 Die tyburn
Die tyburn is ‘n gedig wat uit ses versreëls bestaan met 2,2,2,2,9,9 lettergrepe in versreëls een tot ses. Die eerste vier versreëls rym met mekaar en is beskrywende woorde van twee lettergrepe elk. Die vyfde en sesde versreëls rym ook met mekaar. Van die woorde van die eerste twee versreëls word in die vyfde versreël opgevat en die woorde van die derde en vierde versreëls word in die sesde versreël opgeneem.
Hier is my Afrikaanse en Engelse pogings tot die tyburn gedig:
Die pittige buurvrou (tyburn)
Pragtig
geestig
driftig
ernstig
sien ek haar, pragtig, geestig lag sy;
‘n rissie wat driftig, ernstig is.