Jongste aktiwiteit:

87 Digter’s eggo
vir

87 Digter’s eggo

87 Digter’s eggo

Dit wil vir my voorkom asof Meraai vannie baai en Marcie hierdie versvorm geskep het. Die digter maak van refrein lyne gebruik en herhaal of eggo ‘n reël / reëls woorde wat in die vorige stansas gebruik was

Meraai vannie baai se gedig “Gesoek: ‘n Holte vir my swerwer’s voet” en Marcie se gedigte “maanlangs” en “Genade asseblief” is die enigste goeie voorbeelde wat ek van hierdie versvorm kon vind

Hier is my poging tot die digter’s eggo in Afrikaans en Engels:

Jy was weg (digter’s eggo)

Ek het jou probeer onthou,
aan die manier wat jy kyk,
die fronsie wat jou oë
teen die skerp lig maak
die manier wat jy elke nou en dan
aan jou lokke vat,
maar jy was weg.

Ek het jou probeer onthou,
toe ek op ‘n ander plek
soms van jou droom
en my liggaam na jou brand
ek jou soene, jou hande op my lyf voel
jou asem aan my wang raak
maar jy was weg.

Ek het jou probeer onthou,
toe die sterre skemeraand bo my blink
die son bloedrooi die rante soen
die aand bries teen my lyf vas waai
en ek het gewonder of jy ook soms
aan my dink as jy op die stoep sit
maar daardie tyd vir ons was verby.

Jare lank het ek na jou gesoek,
maar jy was weg.

You were gone (poet’s echo)

I tried to remember you
from the way that you look,
from the small frown between that your eyes
against the sharp light,
the way that every now and then
you touch your locks of hair,
but you were gone.

I tried to remember you
when at another place
at times I dreamt about you
and my body was burning for you,
when I could feel your kisses,
your hands on my body,
your breath touching my cheek
but you were gone.

I tried to remember you
when the stars at dusk were shining above me,
with the sun kissing the hillocks,
the night breeze blowing against my body
and I was wondering if you sometimes
think about me while you are sitting on the porch,
but our time had passed.

For years I was searching to find you,
but you were gone.




Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Cornien het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Anze het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Tearlach het ‘n nuwe publikasie gemaak