Jongste aktiwiteit:

88 Die Rictameter
vir

88 Die Rictameter

88 Die Rictameter

Die rictameter versvorm word geskryf in nege versreëls. Die eerste en negende versreël is heeltemal identies met slegs een tot twee lettergrepe. Die tweede versreël bestaan uit twee tot vier lettergrepe. Die derde versreël het drie tot ses lettergrepe. Die vierde versreël het vier tot agt lettergrepe. Die vyfde versreël het vyf tot tien lettergrepe. Die sesde versreël het slegs agt lettergrepe. Die sewende versreël het slegs ses lettergrepe. Die agste versreël bestaan uit slegs vier lettergrepe.

Meraai vannie baai (op Woes) se gedig “Volmaak afgerond” is ‘n briljante voorbeeld van hierdie versvorm.

Hier is my poging tot die rictameter:

Dink net (rictameter)

Lekker
sou dit wees
sonder pyn, hartseer
as liefde innig tydloos was,
as elke gister terug kon draai,
as dade elke woord vervang
ons mekaar werklik ken;
so ‘n plek is:
lekker.

Just think (rictameter)

Great
it would be
without pain, heartache
if love was sincere timeless
if every yesterday could turn back
if good deeds did replace each word,
we did know each other;
such a place is:
great




Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed