Jongste aktiwiteit:

93 Die Titel / Acrostic gedig
vir

93 Die Titel / Acrostic gedig

93 Die Titel / Acrostic gedig

Digkuns gebou om die titelwoord, wat soos ander “Acrostic” gedigte die gedig se titel vertikaal in die eerste letters weerspieël word. Hierdie tipe gedig gee egter ‘n groter beskrywing van die titel woord.

Hier is voorbeelde van hierdie tipe gedig in beide Afrikaans en Engels:

Water (Titel / Acrostic)

Water is my gunsteling drankie
As die dors my wil oorweldig,
Teen wil en dank ek smag na iets koud.
Eintlik kom dit orals voor,
Reeds gesuiwer op winkel rakke!

SOLOVLUG (Titel / Akrosties)

Self kom ons in die wêreld in,
Ons word gebore sonder ‘n eie besluit,
Lewe vir nege maande voor ons lig sien,
Op ‘n bepaalde plek en tyd
Verskyn ons as volwaardige mense,
Lag en huil en skreeu en glimlag
Uitbundig asof ons
Groot genot kry uit die feit dat ons bestaan.

SOLOVLUG (Titel / Akrosties)

Solo en alleen vind ons,
Ons eie voete,
Leer by grootse meester digters
Oor dit wat werklik poëties is
Vorm ons eie stem,
Leef in ander beroepe
Uit hoe dit maar met digters
Gaan.

Water (Name / Acrostic)

Water is my favourite drink,
At times the best thing to quench a thirst
That comes to me suddenly,
Even though it’s abundantly available
Refined, pure specimens are sold in shops.




Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Cornien het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Anze het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Tearlach het ‘n nuwe publikasie gemaak