Jongste aktiwiteit:

94 Die Than-Bauk
vir

94 Die Than-Bauk

94 Die Than-Bauk

Die Than-Bauk (‘n gedig van Burmese oorsprong) is ‘n wysheid, ‘n geestige gesegde of epigram (1) in drie versreëls van vier lettergrepe elk, met ‘n tipe van klimende rym struktuur.

Die rym is op die vierde lettergreep van die eerste lyn, die derde lettergreep van die tweede lyn en die tweede lettergreep van die derde lyn.

Suzanne Honour se gedigte “Lighten Up” en “Cold” is goeie voorbeelde van hierdie tipe gedig.

Hier is my pogings tot die Than-Bauk in beide Afrikaans en Engels:

Dis reeds al nag (Than-Bauk)

Dis reeds al nag,
te lank wag ek
en smag na jou.

Dinge in ‘n woud (Than-Bauk)

Ons vind ‘n woud
jy is stout, ek,
te oud vir jou.

Die lug is blou (Than-Bauk)

Die lug is blou,
die son flou geel,
jy klou aan my.

Die wind waai woes (Than-Bauk)

Die wind waai woes,
en ek hoes lank,
jy koes al weg.

Swaar is die nag (Than-Bauk)

Swaar is die nag
en die dag volg
streel sag daar op..

Turn off the lights (Than-Bauk)

Turn off the lights,
let dark nights bring
us sights of love.

Her hair was gold (Than-Bauk)

Her hair was gold,
her hand cold, slim,
I bold they say.

On a wet day (Than-Bauk)

On a wet day
a small stray cat,
did play with me.

Voetnotas:

(1) “‘n Kort kernagtige gedig; puntdig. Pittige gesigde. Kernspreuk.” Schoonees, P.C.; Swanepoel, C.J.; du Toit, S.J.; Booysen, C.M. Verklarende Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal. Perskor Uitgewers. 1977.




Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed