Ou man Winter (Brons)
Die ou man se koue asem maak wit wasem teen my ruit.
Sy kromhout vingers is koud en klam
wanneer dit om my hart kom sluit.
Sy jas se punt sleep saggies deur die boompies in my tuin,
en laat dan tuimelend in kleure wonder
‘n helder blare mat verskyn.
Sy trane drup kristalwit op die bleekgroen van die gras;
los ‘n spierwit traanspoor sleepsel;
sy koue klou aan alles vas
Winter is ‘n stok ou man wat sleepvoet stadig stap;
met sy koue winter voete
silwer spore in my tuintjie trap.
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Junie 2019 projek