Jongste aktiwiteit:

Paleis – Rebecca

“Voel dit vir jou ook kouer as ander dae Collin?” vra Marinda, met skrik in haar oë terwyl sy na die paleis kyk wat doer vêr agter die berge uitsteek as gevolg van die mus in die lug, haar neef weet sy is met die helm gebore, maar hy kyk haar skeef aan.
“Dit voel maar net so koud soos ander dae, jou verbeelding loop nou weer met jou weg, miskien is dit jou sesde sintuig, mm…”
“Ja spot maar, die goed wat ek sien sal maak dat jy jou bed natmaak” waarsku Marinda.
“Ag is nie! Al hoekom jy dit sien is oor jy in dit glo, want nou kan jy dit sien want jou ma het vir jou vertel jy is met die helm gebore is, maar daar is nie eers so iets nie!”
“Los my ma hier uit, ek het haar ook al gesien, so loop, gaan speel met jou karretjies op die hoofweg” haar oë rek sommer groot van die woede, en die hare op haar lyf staan die heeltyd regop, maar dit voel nie soos hoendervleis nie.
“Ja, whatever! Ek weet nie eers hoekom ek saam jou Skotland toe moes kom nie, die weet is altyd so flippen misluk, nou sit ek nog met jou ook wat geeste sien!”
“Ek doen dit vir jou, en….”
Die ligte gaan af, as gevolg van die krag onderbrekings.
“En wat Marinda? Kyk daar gaan die krag weer af, nou bly ons nog in ‘n eeu oue huis ook, wat kamstig nog spook ook!”
“Dit spook rêrig hoor, moet nie maak asof jy dit nie voel nie, as jy nou buite toe gaan sal jy agterkom dit is baie kouer hier binne.”
“Ja Marinda, dalk het jy ‘n punt beet, maar dit beteken nie dit spook nie, hier is nie eers verwarmers in die plek nie, en die vensters van hierdie kamer het ons oopgekry toe ons hier aankom” sê Collin, maar diep binne weet hy, hy lieg vir homself.
“Ja glo wat jy wil! Wat ek besig was om te sê was, ek het hierna toe gekom vir jou, om nader aan jou ma te wees, en jy behoort dit gou gewoont te raak, jy is in hierdie land gebore, jy sou nie hierna toe gekom het as jy nie geglo het jou ma is nog met ons nie, so hou nou op jouself sterk hou en in ontkenning lewe!” verduidelik Marinda mooi.
“Het jy dit gesien?” vra Marinda dadelik nadat sy klaar haar hart uigespreek het.
“Wat?” vra Collin verbaas.
“Die kers man, die blêrrie kers het vanself aan die brand gesteek!!” skree sy.
“Sjoe jy raak omtrent opgewonde Marinda, ja ek het dit gesien, maar ek het eintlik gemaak of ek dit nie sien nie” antwoord Collin eerlik.
“Moenie! Dit gaan jou letterlik mal maak, ek het gelees daaroor Collin” waarsku Marinda.
“Ja ek weet Marinda, jammer ek was in ontkenning, ek sukkel maar nog ‘n bietjie om dit te ervaar, dat daar iets daar buite is wat ons nie kan sien nie” sê Collin
“Ag ek bedoel, wat ek en ander mense nie kan sien nie” korrekteer hy homself vinnig.
“Dis reg, maar moet dit asseblief nie weer doen nie. Nou ja toe, kom ons gaan slaap aangesien dit donker is en ek so te sê niks meer daar buite kan sien nie, dan help ons môre vir jou en jou ma sodat ons sommer vinnig weer by die huis kan uitkom.
Marinda stel voor dat hulle sommer dieselfde kamer slaap, sodat sy ‘n ogie oor haar neef kan hou tot sy aan die slaap raak, maar die heelaand is daar krake in die ou huis se mure wat vir Marinda wakker hou, die ou huis wat net van hout en klip gebou is, so tien kilometer vanaf Paleis-Rebecca, waantoe hulle eintlik heen oppad is, en kort-kort hoor sy voet stappe van die gang af tot in die kamer, en weer van die kamer af uit by die deur tot die klank weggaan en weer harder word soos die voetstappe nader kom. Darem het hulle genoeg komberse saam gebring en hulle elkeen het ‘n slaapsak, sy doen eers navorsing oor ‘n plek voor sy daarheen vertrek.
Naderhand kon sy dit nie meer vat nie, want sy kan nie aan die slaap raak met al die rusteloosheid om haar nie, dalk is dit iemand vir wie sy kan help, dit is tog immers waarvoor sy met dié besonderse geskenk gebore is. Dit was net na 12uur die aand en sy kon dit nie meer inhou nie, sy brand eintlik om iemand te help, die voetstappe het ook nog glad nie stil geraak nie, sy staan toe maar op uit die bed en loop gang toe, Collin snork eintlik soos hy slaap.
“Hallo, is iemand daar, kom uit ek kan jou help.”
Die deur kraak soos wanneer iemand aan ‘n ou deur vat om hom oop te maak, maar Marinda sien nog niks, sy gee nie op nie en wag nog so rukkie, na vyf minute kom die person uit die kamer gestap.
“Hallo jy, sjoe jy lyk nog jonk, wat is jou naam en hoe oud is jy?” vra Marinda.
“Hallo tannie, my naam is Maryke, ek is ses jaar oud, waar is my ma, ek soek my ma” die bleek dogtertjie begin huil.
“Aai meisiekind, jy is dood, wat het gebeur?”
“Ek soek my ma” sê die dogtertjie weer.
“Jou ma wag vir jou anderkant, sien jy die lig?”
“Nee, ek soek my ma, ek sien nie ‘n liggie nie.”
“Vir wie was jy so lief soos jou ma?”
“Katie” dit is al wat die dogtertjie antwoord.
“Wie is Katie?”
“My baba katjie, mamma het gesê sy maak my siek.”
“Aai meisiekind, dan was jy allergies vir katjies, hier kom Katie nou, jy is nie meer allergies nie want jy is nou in ‘n spesiale land, weet jy wat het gebeur?”
Die dogtertjie tel die katjie op en hou vir Katie in haar arms.
“Baie water, dit het oor ons gekom, pappa en mamma was saam met my binne die huis.”
Sê die dogtertjie bang, verlore en eensaam, haar handjies begin bewe.
“Dan wag jou mamma en pappa aan die anderkant vir jou,”
“Is dit daar? Die mooi son liggie?” vra die dogtertjie
“Daar is my mamma en pappie.”
“Ja gaan Maryke, loop daarin, daar wag baie liefde en vrede vir jou daar.”
“Dankie tannie” is al wat die dogtertjie sê en sy stap in die lug in.
Marinda huil al so te sê snot en trane, sy kan haarself indink hoe dit moet voel om so verlore te wees, ‘n verlore siel te wees, sy is so dankbaar vir die voorreg om hierdie siele te kan help.
“Aaaaaah!!” skree Marinda toe sy omdraai en terug instap kamer toe.
“Sorry nig!” sê Collin.
“Jy’t my laat skrik man, jy was nog vas aan die slaap toe ek uit die kamer is” antwoord Marinda.
“Ha-ha! Ja maar toe hoor ek jou gesels hond uit ‘n bos met iemand, jou stem het my wakker gemaak, dit is ongelooflik….” sê Collin.
“Wat is ongelooflik?” vra Marinda nuuskierig.
“Dit wat jy nou gedoen het, dit wat jy altyd doen.”
“O, nou is dit ongelooflik vroeër was ek mal.”
“Ja maar ek was verkeerd, ek is jammer!”
“Wag! Het jy my hoor praat?”
“Ja ek het jou hoor praat, en die dogtertjie, een wat ek nie kon sien nie, ek het oral gekyk maar glad nie ‘n dogtertjie gesien nie.”
“So jy kan geeste hoor praat, wow!” antwoord Marinda verras.
“Rêrig?” vra Collin.
“Ja, ek het met ‘n gees gepraat hoor dit is hoekom jy nie kon sien nie, gewone mense kan hulle ook nie hoor nie, maar jy kan, jy is ook sensitief, net ‘n bietjie anders as ek. Hoor hier, kom ons gaan slaap ek is nou pootuit, maar ek moes net eers hierdie dogtertjie help wat heel aand op en af in die gang loop en haar ouers soek.” Sê Marinda, Collin stem in en hulle gaan slaap die res van die aand sonder enige steurings van die hiernamaals.
Die volgende oggend 8uur skrik Marinda wakker toe haar foon se wekker lui, wat nogal spook geluide maak as die wekker lui, Marinda staan toe op en gaan spring toe vinnig in die stort, toe sy terug in die kamer kom slaap Collin vas, nog al die pad, en die foon se geluide het hom nie eers klein bietjie wakker gemaak nie. Marinda maak hom wakker hy gaan stort ook en trek skoon aan, teen 9uur is hul albei gereed om te ry, en hulle stap te kar toe.
“Sjoe, vir so ‘n ou plek is die water lekker warm” sê Collin terwyl hulle kar toe stap.
“Ja dit is neh! Baie lekker!” antwoord Marinda.
Hulle kom toe by die kar aan wat nie vêr van die huis af staan nie.
“Ag nou wil die blêrrie ding nie start nie” sê Marinda moedeloos.
“Wag ek gaan kyk gou” Collin klim toe uit die kar.
“Maak hier voor oop asseblief nig?” vra hy mooi.
Sy maak toe oop en hy stel iets, hy klim toe terug in die kar.
“Probeer nou” sê hy.
“Aah daarsy nou dankie! Jou yster!”
Hulle ry toe na Paleis-Rebecca toe.
“Dis nogal indrukwekkend dat hulle ‘n paleis na jou ma vernoem het neh?”
“Ja nee dit is nogal nig, my ma het altyd gesê sy wil daar aftree en daar haar laaste asem uitblaas, en sy het. Dit was haar eerste woonplek toe sy na hierdie land verhuis het en alles nog vreemd was” antwoord Collin opgewonde.
“O hier is die sekuriteitshek, laat ek net die kaart vir die ou gee” sê Marinda toe hulle daar aankom.
“Sjoe dit is ‘n pragtige plek, my ma het my vertel van die plek, en sy het elke detail beskryf, en dit lyk presies dieselfde” sê Collin, die hek word toe vir hulle oopgemaak en hulle ry in.
“Ag ek is so bly jy’t sulke mooi herrineringe saam met jou ma neef” antwoord Marinda terug. Toe hulle binne kom toe sien hulle eers hoe mooi is dit, die mure het porselein in, die badkamer teels en is net blou porselein, die gang en sitkamer is van mooi hout, en boonop staan die paleis nog ‘n duisend meter hoog ook, Rebecca het haar laaste asem in dit sitkamer uitgeblaas, wel die heel onderste sitkamer.
“Nou ja toe kom ons sit hier en begin met besigheid” sê Marinda en hulle gaan sit, hulle is eintlik te bang om te gaan sit op hierdie duur en mooi sitkamerstel.
“Okay, moet ek my ma nou roep of hoe?” vra Collin nuuskierig.
“Nee wag eers, gewoonlik kom geeste na my toe, kom ons gee dit net ‘n paar minute” antwoord Marinda.
Tien minute later…
“Jou ma is hier” Collin skrik sommer toe Marinda skielik begin praat.
“E..e..ek kan nie, sy’s kwaad vir my ek k..k.k.kan nie” sê hy toe hy werklik besef wat besig is om te gebeur.
“Jy moet Collin, anders kan jou ma nie in die lig in beweeg nie, sy’s in elk geval nie meer kwaad vir jou nie, sy’s nog hier want jy dink sy’s nog kwaad vir jou, toe sê hom Rebecca.”
“Hoe?” vra Rebecca, verbaas, sonder die wete dat Collin geeste kan hoor.
“Met ma se mond, asseblief mammie ek luister, asseblief moet nie meer kwaad wees vir my nie”
“My kind, my liefste kind, ek is al lankal nie meer kwaad vir jou nie, dit was net vir my een groot skok toe ek jou in daai kamer vang met my getroude beste vriendin, maar ek verstaan julle was werklik lief vir mekaar, en dat julle mekaar steeds na al die drama weer gevind het, dit beteken julle is bedoel vir mekaar, ek was net geskok gewees en ek het rêrig nie geweet wat om van julle te dink nie, ek was net vir ‘n paar maande kwaad, maar toe ek met my hartkwaal gediagnoseer is toe het ek lankal vrede gemaak, ek het net nie krag gehad om ‘n foon op te tel nie want ek was te swak, ek wou rêrig met alles in my jou laat weet ek is nie meer kwaad nie, en ek belowe jou ek is glad nie meer kwaad nie” sê Rebecca, wat tussen Marinda en Collin sit, Collin draai sy gesig na links, en daar val trane op sy wange.
“Ons was rêrig van plan om ma te vertel, nog daai selfde dag toe maak in daai kamer ingestap het sou ons dit doen, ek is so verlig om te hoor mamma is nie meer kwaad nie ek het met soveel skuld gevoel rondgeloop, my hart voel sommer baie ligter” antwoord Collin, Marinda sit ook kliphard en tjank in die middel van hulle twee, weereens voel sy daai dankbaarheid in haar hart dat sy selfs mense kan help wat dood is.
“Marinda wat is daai, dit is so mooi, helder, lyk soos sonlig” vra Rebecca, en sy glimlag breed.
“Dit is die lig, daar is baie vrede en liefde wat vir jou wag” antwoord Marinda
“Wat gebeur nou?” vra Collin nuuskierig.
“Daar is David” sê Rebecca, en sy lyk weer soos ‘n skool dogtertjie wat liefde gevind het.
“Totsiens my kind” sê Rebecca vir Collin en soen hom op die wang.
“Jou pa wag al lank vir my” sê sy weer en stap die lig in, Marinda kon nog nie ophou huil nie.
“Ek kon dit voel nig, ek kon haar soen voel…”

…..Die Einde…..

©Kopiereg – T. De Vos Botha – Alle Regte Voorbehou
06/1/2017
2:41vm




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed