Jongste aktiwiteit:

Geheime bewonderaar

“Dis darem al Vrydag” sê Juanita vir haar man met ‘n glimlag op haar gesig. “Ja nee, en ek is darem die naweek af” antwoord Anton haar man terug. Naweke is altyd haar en Anton se tyd wat hulle saam spandeer en hierdie naweek gaan hulle in die stad na Bobby Van Jaarsveld gaan kyk waar hy by die Johannesburgse botaniese tuine gaan sing. Bobby is haar heel gunsteling sanger en toe sy hoor hy sing net hier in die stad naby haar moes sy definitief vir Anton om haar pinkie draai om vir hulle ‘n kaartjie te bespreek, hulle is immers môre al twee jaar getroud. “Weereens baie dankie dat jy kaartjies bespreek het vir ons vir môre by die botaniese tuine my engel” sê Juanita vir Anton terwyl hulle in die kar klim en oppad is werk toe. “Dis ‘n plesier, enige iets vir jou my skat” antwoord Anton terug, hy sluit die kar aan en begin ry. “Hoekom gaan kyk ons nie Sondag aand na Juanita Du Plessis by die NG kerk nie?” vra Juanita toe hy by haar werk stil hou waar sy bestuurder is by die plaaslike Spur. “Ag, ek het gedink ons kan eerder iets gaan eet by ‘n restaurant Sondag aand en dan kan ons deur die dag tyd saam spandeer by die dam en ‘n romantiese piekniek hou onder die boom” antwoord Anton terug met so skuins glimlag “sjoe, dit klink nog lekkerder baie dankie my man” sê
Juanita weer, hulle soen mekaar totsiens en sy loop by die Spur in om haar daaglikse brood te verdien.

Toe sy by die toonbank kom staan haar heel beste vriendin, Sandra, reeds vir haar en wag. “Môre, môre Juanita, hoe gaan dit vandag vriendin?” vra Sandra vriendelik toe Juanita die kleingeld uit die kluis uit haal wat in die til gesit moet word. “Goed dankie vriendin, natuurlik gaan dit met jou baie goed want ek hoor jy’t ‘n nuwe kêrel gekry.” Sandra giggel want sy het effens vergeet om vir Juanita van die nuwe liefde in haar lewe te vertel, met die dat die Spur deesdae so besig is kry hulle nie kans om te skinder soos wat beste vriendinne behoort te doen nie, behalwe nou natuurlik na werk terwyl hulle besig is om reg te maak om huis toe te gaan. “Ja wat, askies man ek het nog nie eintlik kans gehad om jou te vertel nie ons is darem nou eers twee dae saam” bieg Sandra en die eerste kliënt stap in. Hy bestel koffie en gaan sit by die tafel reg voor die toonbank “dis darem ‘n mooi man die” fluister Sandra saggies in Juanita se oor. “Ja toe, hou jou in jy het mos nou ‘n kêrel” sê
Juanita en Sandra vat die koffie vir die man, toe sy weer langs Juanita by die toonbank staan begin sy weer te saggies te praat:”Kyk hoe maak hy ogies vir jou vriendin” Juanita frons vir Sandra en antwoord terug:”Ag, toe ek is ‘n getroude vrou.” Die man staar kort-kort na Juanita, maar sy haal gou-gou haar hande uit haar voorskoot en sit dit op die toonbank neer om vir hom te wys dat sy ‘n ring aan haar trou vinger het. Die man laat sak sy kop en drink sy koffie klaar, hy loop toe toonbank toe en betaal sy rekening.

Juanita het gou die kamer verlaat “baie dankie die koffie was baie lekker ek sal weer môre oggend kom koffie drink voor werk” sê die man vir Sandra en sy antwoord terug:”Plesier meneer, mooi dag vir jou.” Hy sê ook totsiens en loop by die winkelsentrum uit, Juanita kom ook toe intussen terug van badkamer af. “En toe het jy bietjie met hom flankeer toe hy sy rekening kom betaal het?” vra Juanita nuuskierig toe sy by die toonbank kom “ag nee, nie eintlik nie, maar ek sien hy het vir my ‘n dertig rand tip gegee.” Sy het dit agter gekom toe sy sien hy het eintlik dertig rand kleingeld, maar ‘n man soos hy vergeet nie van sy kleingeld nie dit is hoekom kelnerinne dit soms aanvaar as ‘n tip maar meeste kere sê die kliënte dat die kelner of kelnerin die kleingeld kan hou. Dit was nie lank voor die eerste kliënt ingestap het nie, toe begin Spur besig raak en dit is nog Vrydag ook so hulle gaan besig wees tot laat vanaand. Elf uur toe vat Juanita tee tyd en dink terug aan die man wat vanoggend in Spur gesit en koffie drink het, sy weet sy mag nie toegee nie want sy is ‘n getroude vrou, maar Juanita het nog altyd van aandag gehou, sy besef dit is verkeerd om met ‘n ander man te flankeer terwyl ‘n vrou getroud is dit is hoekom sy dit sommer vinnig gestop het en glo dit sal nie verder gaan nie, na haar tee tyd loop sy terug toonbank toe en begin weer die kliënte te bedien. “O, Juanita vriendin, daar het nou-nou terwyl jy op tee tyd was ‘n bos rose gekom wat ‘n bode gebring het dit het darem ‘n kaartjie, ek het dit hier agter in die kombuis gesit” sê
Sandra toe sy ‘n kliënt se bestelling op papier vir Juanita bring wat Juanita vir die kombuis personeel moet gee. “Ag ek sal na werk kyk wat sê die kaartjie, dit is seker Anton wat dit gestuur het, hy is mos deesdae baie romanties” antwoord Juanita terug. Sy hoop en bid dat dit van Anton af is, dis tog net hy wat weet dat sy nie ‘n bos rooi rose kan weerstaan nie.
“En sê nou dit is nie van Anton af nie, wat dan?” vra Sandra heel nuuskierig, daar is vir ‘n oomblik stilte en toe antwoord Juanita terug:” dan kan jy dit maar vat, want ek weet nie wat sal Anton sê as ek met ‘n bos rooi rose by die huis aankom ‘n dag voor ons huwelik se tweede herdenking nie.” Juanita weet sy jok nou eintlik vir haarself want rooi rose is haar gunsteling, maar as dit moet dan sal sy dit liewer hier op die toonbank vertoon want dit sal die plek sommer opgekikker laat lyk, en laat lekker ruik. “Ai, vriendin, jy weet mos ek hou nie van rooi rose nie net wit rose” sê Sandra toe sy die bestelling wat sy ‘n oomblik terug ingestuur het kom haal. “Dan vertoon ek dit maar hier op die toonbank, dit sal die plek opgekikker laat lyk en dit sal lekker ruik as kliënte hier kom staan om bedien te word” antwoord Juanita terug.

Drie uur toe vat Juanita gou ‘n breek om paar inkopies te gaan doen vir vanaand se romantiese ete wat sy vir haar en Anton gaan maak, sy weet sy moet gou maak want dit is nogal besig by die werk en sy wil nog intussen iets eet ook. “Sandra, hou asseblief die til en goed mooi dop, ek sal oor so half uur weer terug wees op my pos, en sê vir Sarah en Mpho hulle moet nie so rond staan en niks doen nie, daar is twee tafels wat wag om bedien te word.” Sandra loop vinnig agter die toonbank in toe daar kliënte na die toonbank se kant toe gestap kom, want Juanita is al halfpad by die deur uit. “Dis reg Juanita ek maak so sien nou-nou weer” antwoord Sandra effens hard terug, Juanita probeer so vinnig as moontlik klaar kry binne Game maar dit is net so besig hier binne, sy hardloop eintlik tussen die rakke deur en sit al die inkopies in die inkopies mandjie so vinnig as wat sy kan, vyftien minute later toe is sy klaar en gaan staan in die êlle lange ry, die dame by die til is redelik vinnig en na vyftien minute staan sy reg voor die dame. “Is dit al vir u, mevrou?” vra die dame vriendelik en Juanita antwoord terug:”Dit sal al wees ja, dankie, kan ek net ‘n slip kry asseblief, my man kla altyd as ek nie die slips bêre nie.” Die dame gee toe vir haar die slip en sy loop vinnig terug Spur toe. Toe sy by die toonbank kom staan Sandra daar pligsgetrou soos gewoonlik, voor haar staan die bos rooi rose “ek’s terug, het jy die rose daar agter gaan haal en hier voor kom sit?” vra Juanita toe sy weer langs Sandra by die toonbank staan. “Nee, ‘n bode het dit nou vyf minute terug hier aangebring, maar dit het nie ‘n kaartjie nie” antwoord Sandra kort daarna.

Sandra loop toe na ‘n tafel toe om kliënte te gaan help, terwyl Juanita staan en dagdroom. Sy dink by haarself:”Ek wonder wie is dit?” en sy vra vir Simphiwe om die rose van agter die kombuis na haar toe te bring waar sy hier voor staan. Simphiwe bring toe die rose vir haar “dankie Simphiwe” sê Juanita, sy maak die kaartjie oop en lees wat daarop staan:”Jy lyk mooi vandag, van GB.” Sy staan so rukkie en dink wie kan GB wees “Sandra weet jy wie is GB?” vra sy toe Sandra weer ‘n bestelling by die toonbank kom haal. “Nee, nie ‘n idee nie” sê Sandra en gaan gee die bestelling by haar tafel af, maar dit was nie lank nie toe is sy weer terug, sy vra toe vir Juanita:”Is dit nie Gideon Badenhorst van die plek wat karre verkoop net hier buite die winkelsentrum nie?” “Nee, ek het hom nie hier rond gesien vandag nie, so hoe sal hy weet of ek mooi lyk, ek lyk in elk geval net soos enige ander dag” antwoord Juanita terug en sy help gou kliente wat ‘n wegneem koffie bestel. “Ek het dit!” sê Juanita “wat?” vra Sandra. “GB is nie iemand se naam nie, dit staan vir geheime bewonderaar” sê Juanita weer, Sandra kyk haar so snaaks aan asof sy weet wie dit is “dit is daai ou wat vanoggend hier koffie kom drink het” sê sy vir Juanita toe Spur begin rustiger raak, en meeste van die mense loop. “Dit is wat ek ook dink” antwoord Juanita terug en hulle begin die tafels en stoele, een vir een weg pak in die stoor aan die buitekant, Juanita help maar want dan is dit sommer vinnig klaar, na ‘n rukkie toe staan die twee beste vriendinne weer by die toonbank en gesels.

Terwyl sy en Sandra besig is om te gesels kom daar ‘n bode na die toonbank toe geloop “maar hy het dan nie eers blomme by hom nie” sê Sandra toe hy amper by die deur is “ag hy kom seker net iets bestel” antwoord Juanita terug. Sy hoop hy kom net iets bestel, want hy het nou eenmaal nie blomme in sy hand nie so dit is seker die enigste logiese verduideliking. Die bode kom staan toe stil by die toonbank “hierdie is vir madam Juanita” sê hy en haal ‘n klein vierkantige boksie uit sy rugsak uit. “Wie het dit gestuur?” vra Juanita en die bode antwoord:”nee, ek mag nie sê nie madam, my job description sê so” “ag toe, ek sal jou betaal as jy my sê” sê Juanita weer. “Nee” sê die bode, hy draai om en stap weg. Die kaartjie aan die boksie sê Juanita moet hom ontmoet in die parkering by die blou Volkswagen, sy is eers skrikkerig maar sluit sommer toe en vat vir Sandra en een van die manlike werkers saam, sy brand nou eintlik om te weet wie hierdie geheime bewonderaar is. Sy het al gedink en gedink maar kon nie aan iemand dink wat haar geheime bewonderaar sou wou wees nie, buitendien is sy getroud en gaan dit sommer net hier stop sit. “Ek is seker dit is Gideon Badenhorst” sê Sandra “nee” antwoord Juanita toe hulle amper by die blou Volkswagen is, ‘n blonde man met blou oë klim toe uit die kar en sê:”Dit is ek, jou hoërskool liefde, Zander”

Deur: Timothy De Vos Botha




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed