Sambreel-liefde
“Gerhard het toe op die ou einde besluit om haar te vra om te trou”
Dit is nog ongeveer ‘n maand dan begin die heerlike somer en Gerhard kry baie koud sonder sy Saartjie langs hom, hy lê in die bed en verwonder homself aan haar mooi oë al is sy nou nie regtig by hom nie, maar sy maer lyfie bewe want sy Saartjie se fikse lyfie is nie vanaand styf teen syne nie. So twee weke terug het hy en Saartjie vasgesit oor die kleur wat die kar moet wees wat hy vir haar verjaardag vir haar wil koop en van toe af praat sy glad nie meer met hom nie.
Hy probeer haar weer bel:”Hallo, dis Saartjie ek is nie nou beskikbaar nie so los asseblief jou naam en nommer dan kom ek so gou as moontlik terug na jou toe” gesels haar “voicemail” en hy antwoord terug:” Hallo Saartjie dit is Gertjie, dis alles reg, ek sal ‘n kar vir jou koop wat pienk is maak nie saak hoe vêr ek moet soek nie, kom net asseblief terug huis toe, die bed is koud sonder jou” hy het skaars die foon dood gedruk en toe druk iemand die klokkie aan sy huis se deur:”ding dong,ding dong, Gertjie maak oop asseblief ek weet jy is seker nog kwaad vir my maar ‘n blou kar is net so mooi soos ‘n pienk kar dit maak regtig nie saak nie, solank ek net vanaand weer langs jou kan lê” praat Saartjie aan die buitekant:” maak net oop asseblief, dit is deksels koud hier buite”. Gerhard kan sy ore nie glo nie dit is wraggies waar sy Saartjie met die fikse lyfie, blonde hare, en pot blou oë:” Ek kom, ek kom!” roep Gerhard aan die anderkant van die deur.
Hy hardloop eintlik deur toe, gryp haar, soen haar hartstogtelik en gee haar een vet drukkie, en hy voel hoe die verlange na sy Saartjiie weg kwyn en alles voel vir hom weer van vooraf soos ‘n feëverhaal:” Ek is regtig jammer Saartjie, ek gaan vir jou ‘n pienk kar koop en dis finaal, maak nie saak hoe vêr ek moet soek daarvoor nie” sy woorde was skaars koud toe begin sy foon te lui:”Goeie dag, dis Gerhard wat praat” en die person wat gebel het antwoord terug:” Haai Gerhard, dit is Pieter hier van V.w. Motors Bloemfontein, ek het vir jou daai pienk kar gevind wat jy aangevra het, jy kan maar kom kyk of julle tevrede is met hom.”
Sjoe, Gerhard en Saartjie kan nie wag om daar uit te kom nie, hulle spring sou gou moontlik in die kar en ry in dorp toe, oppad soontoe raak Gerhard aggresief met ‘n taxi bestuurder wat voor hom in jaag met sy mini-bus taxi en Saartjie begin weer baklei:” is dit nodig vir jou om die ou te vloek en vinger te wys? nou nou word jy toe gesluit en dan!”
Gerhard dink dit is nou die laaste stront en hy trap die briek met verskriklike baie krag, die kar stop net daar:” weet jy wat, jy’s nooit tevrede nie, maak nie saak wat ek doen nie, jy wil net altyd stry!” Saartjie antwoord hom toe terug:” ek kan dieselfde van jou sê, kom ons vergeet net daarvan en kom by die ou uit!” “Nee Saartjie, ek en jy werk nie meer nie klim uit my kar uit soos in nou!” Saartjie het nog nooit vir Gerhard so kwaad gesien nie, sy maak maar toe soos hy sê om die vrede te bewaar en klim uit die kar uit, sy bel toe haar pa om haar te kom haal.
Twee dae later
Pieter het nou net by V.w. Bloemfontein gestop en hy bel toe vir Saartjie, gelukkig tel sy hierdie keer op:” Haai Saartjie, kry my gou by V.w. Bloemfontein, ek wag vir jou hier ek het vir jou paar verrasings” “Jong Gerhard ek sal eers by my pa moet hoor, hy is goed die duiwel in vir jou” antwoord Saartjie terug. Saartjie se ouers bly so vyftien minute van V.w. Bloemfontein af, na vyftien minute kom Saartjie daar aan. Toe sy by die kar uitklim staan daar vir haar ‘n helder pienk Volkswagen Golf en wag, sy stap toe en sê: ” Liewe Hemel, maar dit is ‘n mooi kar hierdie” sy maak toe die deur oop en daar val ‘n ring uit, Gertjie stap toe na haar toe en sak op sy knieë:” Saartjie, trou asseblief met my, jy is my liefde, jy is my lewe, en ek is nou al so moeg vir hierdie Sambreel-liefde.”
©Kopiereg-Timothy De Vos Botha-Alle Regte Voorbehou
©29-03-2015
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Inkmoderator
Die storielyn is effe deurmekaar Timmy. Die karakter (Gerhard) is in die bed en dan daag sy op en kla oor die koue. Die foon lui en hulle klim dadelik in die motor en ry na die handelaar toe. Die idee is geskep dat dit aand is so daar is geen manier wat hulle in die aand na die motor kan gaan kyk nie. Die argument wat ontstaan en die ontknoping daarvan is té brutaal. Die karakter (Pieter) wat vir Saartjie bel teen die einde moet seker 'n tikfout wees? Pieter bel maar Saartjie spreek vir Gerhard aan? Die verhaal kan ontwikkel word tot 'n beter produk. IM