Jongste aktiwiteit:

reik

 

 

uitgestrek

lê see landskap

van ver oor Piket se berg

oor ronding van die oseaan

verby alles wat vandag bestaan

tot bokant die Chubb se ruwe rotse

waar ou Bollie in sy eie duin lê en rus

breek golwe gedurig in digte miswolke

met sagte druppels op my wang

suur was die bestaan nie altyd

soet deurdrenk daarmee

het bitter verdun

tot oumens

dink,

kyk,

hoe reik

hy na bestaan;

bestaansreg

eie baan

onafhanklik

van alles,

almal

altyd

stil

verruk

dalk

of

net

boheems

in duinetaal

verhaal

 

© Tearlach.

 

 




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed