Jongste aktiwiteit:

Resensie: Die rolprent PATERSON

Resensie: Die rolprent PATERSON

In die VS Amerikaanse bondstaat Nieu Jersey woon ‘n busbestuurder wie se naam, presies soos die naam van sy dorp, Paterson is. Hy sê, „Ek is my dorp.” Hy is nog jonk en woon met sy vrou in ‘n huisie met tuintjie. Hulle het mekaar klaarblyklik lief en doen oor-en-weer iets, enigiets, ag nog so klein, om mekaar ‘n plesiertjie te verskaf.

Die rolpremt toon „a week in the life of” van hierdie paartjie. Elke nuwe hoofstuk begin waar die twee smôrens in die bed lê en wakker word: Hy het nie ‘n wekker nodig nie, sy bio-horlosie sorg dat hy regtydig uit die vere kom.

[PATERSON; 2016, VSA, regie en draaiboek Jim Jarmusch, digter Ron Padgett, daarstellers Adam Driver, Golshifteh Farahani, Barry Shabaka Henley, Rizwan Manji, Masatoshi Nagase; 123 min, vanaf 0 jare.]

Die Amerikaanse kunstenaar Andy Warhol het ‘n rolprent gedraai, waarby hy ‘n kamera op ‘n kerktoring op ‘n plattelandse dorp monteer en die straat soveel-en-soveel ure lank afgelig het. (Vier-en-twintig? Glo ek nie.) Dit is as ‘n wafferse kunswerk gevier: Swart-wit, gedeeltelik uit fokus, en daar gebeur niks nie; miskien ‘n paar kinders op pad skooltoe, huisvrouens wat gaan inkopiesdoen, ‘n lorrie ry verby, of soortgelyke alledaagse dingetjies . . . Solank ek Paterson gekyk het, het ek elke nou en dan die gevoel gekry, ek kyk op ‘n prent wat nie rol nie – dis eerder ‘n stillewe aan die muur: Bietjie groente op die tafel naas ‘n koffiekan met verlepte blomme in . . . Buiten wanneer die kamera op ‘n horlosie fokus wat vinnig-vinnig-vinnig die ure aftel, om aan te dui dat niks belangriks gebeur nie.

Nee, ek moet anders begin.

Patersonnewjersey is die geboortstad van Bud Abbot – die klein dik mannetjie in die filmpaar Abbot & Costello uit die swart-wit filmtyd in die veertigs en vyftigs van die vorige eeu (vgl. Burgers en Debbo) – en daar’s ‘n standbeeld in ‘n park wat sy naam dra. William Carlos Williams was ook daar gebore en het in die vyftiger jare ‘n groot gedigsiklus in ‘n joernalisties berigtende styl oor sy dorp geskryf: „Paterson”. Hierdie William Carlos Williams is die held en voorbeeld van ons busbestuurder Paterson – hy skryf ook gedigte in sy middagspouse.

Dis aanskynend in die styl van sy held: Eenvoudige sinne oor daaglikse begewenhede wat hy gesien of gehoor het – interessant of nie, byvoorbeeld gesprekstukkies van sy passasiere – waarby die reëls meestens ‘n bysin omvat, ongeveer tot daar waar die komma sou gewees het. Sommige gedigte is tot ‘n A5-bladsy lank, menige slegs ‘n paar reëls. (In die hoorbare vertaling word „trillions” met „Billionen” weergegee. Minstens dit.)

Net dat Paterson ‘n verslape dorp is, soos Bronkhorstspruit, Benoni of Calvinia, wat niks aan te bied het nie. Niks opsienbarendes, niks vir die toerisme nie. Aanskynend soek die outeur ‘n rede, ‘n betekenis, „’n rym” vir dit wat daar afloop. Dus word sommige dinge herhaal – om iets te betoon, neem ek aan. (Elke keer as hy die pos uit die briewebus haal, staan die houtpos waaraan dit hang skeef, en hy ruk dit weer regop. Een keer sien ons dat die hond dit aspris kom omstoot solank hy op pad is.) Saans gaan drink hy ‘n biertjie, en die hond bly buite sit en wag.

Heelwat interessanter is sy vrou, Laura, wat in teenstelling met hom ‘n vrolike, opgewekte mens is. Sy maak vir haar klere. Soms bietjie mal maar tog mooi. Sy skilder, sy wil sanger word en laat kom ‘n kitaar en kan die eerste strofe van ‘n lied reeds sing as hy saans huistoe kom, sy bak ‘n hele kattebakvol koekies vir die kerkbasar Sondag. Hy gaan nie saam nie en sy kom vreugdestralend huistoe en vertel hom hoeveel sy daarvoor gekry het.

‘n Belangrike deel van sy dag is die uurtjie in die kroeg waar die „regulars” hul eie dramas en dramatjies speel. Vermoedelik skryf hy dit alles op in sy gedigte-boekie. Alle kleure en geure, alle herkomslande word verteenwoordig, uit Afrika en Asië, vermoedelik om te toon dat die VSA nie net uit WASPs bestaan nie. (White Anglo Saxon Protestants)

Waarskynlik is ek werklik te dom, maar ek vind geen sin of doel in hierdie — ek sê maar „anti-verhaal” — in hierdie nie-rollende rolprent nie. Die hoogbegaafde koerantskrywers weet om Jim Jarmusch eer te betoon en William Carlos Williams aan te bid. Maar ek kry dit nie reg nie. In hierdie duister woesteny sien ek geen sterlig nie. Nou goed dan, Laura. Maar dis nie genoeg vir ‘n waardering nie.

ΓΞΞΞΞΞΞΞ

©14e.November2017..◄];o) ____⊛ΞΞΞΞ⊛⊛___ )o:[►…………………………….tje




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Pierce het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Isha Welman het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Tokkies het ‘n nuwe publikasie gemaak