RESENSIE; JIMMY se SAAL, die film
Hier word op entoesiastiese manier die ware lewensdrama van James Gralton (1886 – 1945) vertel, die enigste gebore Ier wat ooit uit sy tuisland gedeporteer is.
Die 23-jarige Jimmy Gralton het, ná stryery met die kerk en die grondbarone na die VSA geëmigreer. Toe keer hy na sy pa se dood uit amerikaanse „eksiel” terug, om sy ma op haar plasie by te staan. Die burgeroorlog is al verby en ‘n nuwe regering is aan die roer, maar in baie mense se geheue leef nog die gesindheid, oftewel gesindhede, van vroeër.
☼
[JIMMY’S HALL; 2014, GB / IR, regisseur, Ken Loach, met Barry Ward, Simone Kirby, Andrew Scott, Jim Norton, Brian F. O’Bytne; draaiboek Paul Laverty en Donal O’Kelly; 104 min.
☼
Ofskoon Gralton nie die ou wonde wou oopkrap en sy vroeëre teenstanders uitdaag nie, word hy deur die jong mense op die dorpie gevra om sy danssaal te heropen, daar waar hulle ouers en groot broers en susters ‘n soort kultuursentrum geniet het, waar hulle self dans, boks, skilder, lees en diskussieaande gereël het: In die ou „Pearse-Connolly-Hall”. Jimmy, wat intussen oortuigde kommunis is, gee nach en, saam met ‘n paar van sy ou metgeselle bring hy lewe in die slaperige klein dorpie. Maar die kerk, in die persoon van Pater Sheridan is daarteen en hy brul woedend van die kansel af oor hierdie „Los-Angelisering van ons kultuur” want Jimmy het die jazzmusiek en veral die dans, byvoorbeeld die shimmy-shammy saamgebring. Die priester is bang dat die kerk sy onderrigopdrag en waarheidsmonopool gaan verloor, en die grondbarone sluit gou genoeg by hom aan, nadat Jimmy se ouens ‘n pagboertjie wat uitgeskop is, probeer help het. Hy en sy saal word as brandgevaarlik vir die sedes van die gemeente beskou.
Een nag word die saal dan ook aangesteek en brand heeltemal af. Gralton word aangekla dat hy onwettig uit die VSA geïmmigreer het(!). Sonder dat ‘n hofsaak teen hom gevoer word, word hy uit die land verwys. Op pad na die hawe begelei die jeugdiges van die dorp die polisievangwa per fiets so ver hulle kan byhou…
‘n Interessante begewenheid uit die film: Ná die uitsetting gesels ‘n klompie mense, en die predikant bruis op: „Minstens kan mens sê dat hy by sy woord gestaan en geval het… Wat ek nie van julle kan sê nie!” Lidmate van sy eie gemeente wat vir hom getuienis afgelê het.
☼
Die film is aangeleen aan die lewe van James Gralton (1886–1945), wat na sy deportasie nie weer na Ierland teruggekeer het nie en in 1945 met sestig in New York in die verbanning moes sterf. Vandag nog herinner ‘n houtskild aan die plek in die grafskap Leitrim waar die Pearse-Connoly Hall gestaan en in 1932 uitgebrand het.
☼
‘n Polemiese film. ‘n Film om lang daaroor na te dink, te diskuteer. Om kant te kies en weer van mening te verander… Wat ís nou die kommunisme? Waar het hy dit geleer, in die VSA? Hoe onderskei ons tussen die kommunisme en rooms-katolisisme? Is die een nie net so ‘n eiewys klipkop soos die ander nie? ‘n Leerryke film, maar ook ‘n genotvolle. Dis nie ‘n politiese of geskiedenis-les nie. Dis vol beweging, daar word gelag en gedans. ‘n Vrolike film met ‘n onverwagte einde vir diegene wat niks geweet het nie. Drie-en-half gaan nie, dus vier volle sterre.
☼
23e. Desember 2016…..c]:o(٤…..☼☼☼☼…..(o;[>………………………………tje
Spendenkonto Wikimedia Foerdergesellschaft BIC BFSWDE33BER
IBAN DE33 1002 0500 0001 1947 00
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Toom
Kyk ook na my resensies van ,Brooklyn - 'n liefde tussen twee wêrelde' en ,Philomena' asook ,Tussen Hemel en hier'. Aldrie handel om Iere wat in die buiteland ,verkoop' is - uit verskeie gesigspunte. GvT