Jongste aktiwiteit:

RESENSIE: Finn en die Toorkraft van die Musiek, die film

Finn en die Tower van die Musiek
Die negejarige Finn woon saam met sy pa op ‘n plattelandse dorp. Hy speel glad nie graag sokker nie; hy is veel te dromerig en vergeterig op die veld. Op pad huistoe na die oefening eendag lok hom ‘n kraai na ‘n geheimnisvolle, leegstaande plaashuis, waar hy ‘n wondersame ou man met ‘n pikswart jas en lang sneeuwit hare ontmoet. Dis ou Luuk wat meesterlik vioolspeel. Dit betower Finn van die eerste noot aan, en hy weet mettertyd nie meer reg wat is werklikheid en wat is droom nie: Skielik sneeu dit en hy sien sy oorlede ma presies soos sy hom daar, windverwaaid en laggend op haar foto, staan en aankyk. Finn is nie heeltemal van hierdie wêreld nie, hy neem graag geheimnisvolle seine van êrens anders op. Nou wil hy self leer vioolspeel. Maar sy pa wil dat hy voetbal speel.
Dis die verhaal van ‘n buitegewoonlike verhouding tussen vader en seun, wat uiteindelik saam moeilike lewensomstandighede kan oorwin.

[FINN, (Nederlands) die Magie der Musik (Duitse toevoeging); R.: Frans Weisz; D.: Mels van den Hoeven, Daan Schuurmans, Jan Declair; Nederland, België; 2013; 90 min.; vanaf 8 jare.]

In die eerste toneel alreeds sê Finn [Mels van der Hoeven] dat hy nie meer sokker wil speel nie. Sy pa [Schuurmans] sê dat alle seuns tog speel en dat hy seker nie ‘n „loner”, ‘n alleenstaande wil wees nie. „Maar dis jy ook mos, Pa!” En dis die punt, en ons vra saam met Finn watse iets-of-ander het sy pa daartoe gebring om soos ‘n kluisenaar te wil leef?
Die volgende dag speel die snaakse ou man [Declair] na die skool weer viool, en Finn skraap moed saam en vra hom of hy kan toor. „Nee, ek kan nie toor nie. Maar dit kán wees dat musiek die mense betoor. Dit tref jou in die hart. En dan kry jy die gevoel, jy’s in ‘n ander wêreld.” Finn bied geld aan, sy sokkergeld, om les te neem, maar ou Luuk neem dit nie aan nie. Hy betaal dit dan dog aan die sportklub.

Nou kom hy elke namiddag na skool verby en leer en leer en leer. Dan kom die skoolvakansie. Op ‘n goeie dag ontmoet sy pa en die voetbalbreier mekaar…
Dis ‘n sprokie en Finn se ,belewenisse’ kan nugter verklaar word: Luuk het in die lente gesterf en Finn het hom in Maart leer ken. Hy het vroeër in die ou huis gewoon, en Finn het waarskynlik die brief met die swart omranding gesien, en dan het sy fantasie natuurlik oorhand geneem… En sovoort, en sovoort… Maar hoe het hy vioolspeel geleer? Hoe kon hy geleer het? By wie?

Sy beste vriend vra, „Waaraan het jou ma eintlik gesterf?” „Aan my. Op oukersaand, toe ek gebore is, het sy gesterf.” Êrens is ‘n geheim wat sy pa hom nie verklap het nie. Hy kry ‘n half-groot viool van Luuk, en vind ‘n werklike, grote in sy pa se geslote kas. Wat is dit wat sy pa hom nie vertel het van hom en sy ma en die viool, die musiek nie? Sy ma het liewend graag in die tuin gewerk, en hy vind ‘n boek in die ou huis met die wyspreuk of dedikasie, „’n Lewe sonder musiek is soos ‘n tuin sonder blomme.” En hy vermoed dat sy pa onmusikaals is en daarom sy ma gehaat het. Stuk vir stuk beleef Finn hoekom sy pa so kwaad is. Dis ‘n verhaal van Finn se ontwikkelende sterkte weens sy nuwe oorweldigende hartstog en sy pa se versoening met die verlede.
Dan kom die konsert op oukersaand en Finn moet voorspeel. Gaan dit goed afloop, of gaan Finn ‘n nederlaag ly? (Nog ‘n nederlaag.)

„Kan die Nederlanders films maak?” vra my vrou toe ons deur die koerant blaai van die stad waar ons vakansie hou. Ek het al twee elders anders geresenseer, „The Broken Circle” en „Jackie, of wie het ‘n Ma nodig” asook ‘n ouer een se naam genoem, „Missing Link”. Hulle kan. Met ‘n sekere hand in die regie en ‘n fyn manier om te speel (aldrie „mans”, Finn en sy pa en sy oupa). En hulle kan skilder. Met ‘n sagte penseel en toorhaft stralende kleure. „Hierdie is ‘n film oor die vriendskap en dit maak op spannede manier die krag van die musiek sig- en speurbaar,” sê ‘n resensent. „Baie gevoelvol en vol van die vreugde wat hoop bring,” sê ‘n ander. Finn het ‘n preis by die „Internasionale Kinderfilmfees Tel Aviv en Giffoni 2014” gewen.

Vier sterre.

9e. Januarie 2017

©.2014………………………………….. c]:o(٤.****.(o;[>…………………………………………..tje




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed