Jongste aktiwiteit:

September 2022 – Snelheidsprojek

Beste INKers

Hierdie maand, aan die begin van die broeiseisoen, kan ons gerus die snelheid lig, en wat beter is SNELHEID as tema?

DIGTERS
1. Skryf ‘n Snelsonnet.
2. Die tema van jou vers hoef nie “snelheid” te wees nie.
3. Ek gaan die rymskema streng merk, maar jy is nie verplig om as metrum die vyfvoetige jambe streng te volg nie. Jy is vir seker welkom om daaraan gehoor te gee, maar sal nie gediskwalifiseer word as jy dit ignoreer nie.

MENINGSTUK
1. Tydens vakansie-verkeer wil die wetstoepassers beweer dat spoed die grootste enkele bydraer tot ernstige motorongelukke is.
2. Gee jou mening hieroor.
3. Dui asseblief jou woordtelling aan.

RUBRIEK
1. Tyd snel so vinnig by ons verby.
2. Skryf ‘n Rubriek hieroor.
3. Dui asseblief jou woordtelling aan.

ARTIKEL
1. Skryf ‘n artikel oor tegnologie waar snelheid op ‘n veilige manier bydrae tot ons daaglikse lewe soos bv. sneltreine of selfs dataspektrum wat ons lewe makliker maak.
2. Dui asseblief jou woordtelling aan.

VERHALE
1. Skryf ‘n verhaal met die tema: “O, dit is ‘n spoed lokval.”
2. Gebruik jou eie titel.
3. Dui asseblief jou woordtelling aan.

Skryf in Afrikaans…dit is so lekker.

Skryf lekker.
Prjoekbestuurder

*ONTHOU SLEGS 2 INSKRYWINGS PER AFDELING PER LID ASB. ELKE LID MOET OOK ASB SY STERGRADERING VIR ONS DEURGEE AAN DIE BOKANT VAN SY/HAAR PUBLIKASIE ASOOK DIE WOORDETAL VAN JOU PUBLIKASIE INDIEN DIT NIE N GEDIG IS NIE




Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed