spesiaal
daar is spesiale mense
hul is besonder dun gesaai
elke gemeenskap het hulle
elkeen sal hul herken
volgens hul lig
in die lewe
mense wat omgee
dikwels meer omgee
vir hul medemens
as vir hulle self
onbaatsugtig
onbemind
geen lofsange vir hulle
begrawe in ongemerkte graf
onverstaanbaar vir die meeste
gaan hul lewens strak verby
selfs onder groot lyding
in kalmte van gees
uitsonderlike vreugde
om spesiale mense te ken
bewus daarvan dat hul bestaan
dat ek dankbaarheid betoon
hul opofferende lewens
nooit sal vergeet
Ó Tearlach.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.