Jongste aktiwiteit:

Die tuin van Liefde..

In die tuin van liefde,
is daar mooi goedjies te vind.
‘n Paar harte,
en rooi kettings om joune aan die regte een te bind.

Die tuin van liefde is oorlaai met vriendelikheid,
dit is so beeldskoon en vol waarheid.
Geen leuens mag in die tuin van liefde,
vir mekaar vertel word nie,
want dit is nie mooi om vir liefde te jok,
hier vind jy dalk vandag jou hart se dief.

Kupido maak homself elke dag tuis in die tuin van liefde,
hy laat die perfekte mense bymekaar uitkom,
dit is sy doelwit in die lewe-
onder die horison.

So pragtig is die liefde wat ons het teenoor mekaar,
nie net as paartjies nie,
maar ook as vriende,
ons moet ook gereeld vir mekaar sê
“vir jou is ek altyd daar”

Die tuin van liefde is hier vir ieder en elke,
vir almal wat mooie liefde wil ervaar.
Moet nie moed opgee nie,
loop net ‘n bietjie verder tot by hierdie tuin,
want ware liefde wag vir jou daar !

©TdeVosBotha – 2016/01/08 08H30 (Uit my hart se argief)




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed