
Spoeg
beste kennis opgesoek
onder die vergrootglas nagevors
in raadsale fyn getrap
bewoë besluite geneem
dit die beste uitkoms
vir jou.
besluite oorgegee aan
hoër gesag is vasgevang
in ongekende wysheid
is daar rede
om hande te klap
sakke leeg te skud?
dun lippe
insemineer gedagtes
verkoop dit as ubuntu
terwyl bree heupe bou
hulle alleen is ryker
en noem dit demokrasie.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.