Vlietende jeug
vrypostig breek die lente uit
met ongetemperde ywer
wat koue winterperke minag
op die teken van die son
aggressief maar tog natuurlik
progressief maar sonder dwang
tenger lote oortref hulself
deur elke langer dag
van hul broosheid onbewus
in jeugland se sagte groen
-cs-nov-23-
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir November 2023 – OOP projek