Ontsnapping
Ontsnapping
na wêreld sonder klug
wou ek graag vlug
waar niks my siel blus
in vrede wil ek kan rus
geen geld en mag wat dikteer
integriteit sal wees ‘n eer
liefde om te genees alle seer
sonder duister agendas versteek
onbesorgde stap op wandelpaaie
geen kommer oor veilig wees
beker van ongeskonde prag
in stil verwondering te ledig
kindersiele vrolik en vry
verbeeldingstogte uitleef
sonder vrees vir aanranders
se donker planne uitgegiet
waar is so wêreld vra jy my?
hier op aard net ‘n vae droom
eendag sal die reis na ewigheid
bring ongekende vrede en rus
© Marianne Buys
17 Junie 2021
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.