Taalstryd (Silwer)
Ag my waardig om saam
die gevegsfront te betree
luid standpunt in te neem
bewapen met helder denk
en vlymskerp benadering;
om onkruidakkers om te spit
met fyn ingestelde visier
weer ontvanklik te maak vir kwaliteit saad –
sodat ek in waagmoed
gedagtes sal ontkiem tot suiwer
spreektaal vir my nageslag.
Ag my waardig om saam
die stryd aan te voer met ‘pen en ink’.
©Driekie Grobler
(Intertekstualiteit) (Met erkenning aan die Ink Moderator se gedig “Plak my teen die linies” geplaas op Ink Skryf in Afrikaans se portaal)
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Junie 2021 – intertekstualiteit projek