Jongste aktiwiteit:

My beker loop oor

My beker loop oor

om die unieke te bly sien
in die alledaags van als
met oë van verwondering
die geringste te aanskou

dankbaar ten spyte van,
genadebrood koningskos
seëninge so onverdiend
U maak my beker vol

U teenwoordigheid bly
in velde dor geskroei
in kruike se dolleeg
hou U my steeds vas

as die vyeboom nie bot
ek met leë hande staan
wil ek steeds in U juig
U laat my nooit alleen

©Marianne Buys
14 Junie 2021 03:38




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed