Jongste aktiwiteit:

STER

ster o ster.
Jy staan regoor my venster
in my sig in my drome o ster
wanneer gaan jy verskiet
daar so ver in die verniet
dag vir dag nag vir nag
dwaal jy in die gange van
my sig rond altyd besig
maar altyd daar net oral
in my gedagte gange rond
na wat kyk ek na jou o ster
wanneer gaan jy verskiet
jy is so ver en tog ook nie
soms voel ek kan jou aanraak
sag blink jy op my hoof
sag troos jou strale my
eendag sal ek verskiet
net vir jou my strale
oor jou gooi wink jy
sodat ek jou mooi
kan sien ek sal verskiet
belowe jou my strale
dag vir dag nag vir nag
2017-07-07
`jac`




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed