aanwensel
mense met swak gewoontes is so volop soos stof in die wind party gooi stompies net waar hul kom ander gooi bruin bierbottels in skerwe rond dan kry jy die gesig-vatters wat heeltyd betas ook die lastige ou omies wat drukkies uitdeel aan al wat mooi en jonk is met ‘n glimlag van die ergste […]
al hoe meer
soos die nuwe jaar aanstap kom ertsdraende vragskepe hul gooi anker in die baai by ons lyk dit asof hul reg voor ons anker gooi die baai is egter so groot dat hul eintlik voor saldanha lê waar ons woon is daar see voor en agter en links van ons toe ek nog ‘n inkommer […]
ek bring vir jou
ek bring vir jou ‘n pragtige rooi see sterretjie met beentjies grof en pienk gekleur wat klaar droog geword het op strand maar darem nog sy kleur behou ek bring vir jou so baie herinneringe van die see daar waar ons saam in golwe gespeel het soos wafferse dolfyne baljaar het saam groot geword het […]
goeie môre
goeie môre – goeie môre op nog ‘n mooie dag maak oop die oë en begin sommer lag goeie môre – goeie môre vroeg, vroeë en vroegste vandag is dit jou eerste dag wees vrolik en glimlag goeie môre – goeie môre sien die mooi raak soos die dag om jou kraak vra die paddas […]
DIE NUWE JAAR
DIE NUWE JAAR Die Nuwe Jaar het gekom my oē is vas gerig op Hom die vorige jaar het my verstom ek slaan vir my ‘n nuwe blaaitjie om wat gaan hierdie jaar na my kant toekom groot dinge gaan oor my paadjie kom vrae en raaisels draai om en om God is my pleister […]
Skoppelmaai
Kyk ek ry op my skoppelmaai en my lag weerklink in die wind se waai as my kinderhart op die wolke dans in die skittering van die son se glans, en ek swaai en ek swaai op my skoppelmaai maar die wind het bedaar en nou ophou waai want my grootword hart het vergeet om […]
verlos
Hy het vlees geword my gedagtes bly daarmee spook my wese sal geen rus kry tot ek die drie-enige God sien maar nou vrees ek daardie beeld totdat ek Emmánuel se gesig sien dan verdwyn my vrese heeltemal omdat Hy vir my ook betaal het terwyl toe Hy as mens gekruisig was nou weet ek […]
newels
my duin is gebêre onder nuwe sand diep onder lê my voetspore nog droog deur newels van sterk winde van verandering trek my siel op sy sweeftog soos blare op wind dobber en dryf dit soos plankton op blou golwe reg om verorber te word deur die kieue van visse gedagtes stry met oeroue gewoontes […]
Memoirs van ‘n hoer se kind
Jou verlede haal jou altyd in “Wat was dit?” skrik Daniël met ‘n slag wakker. Die Kaapse wind waai buite. ‘n Somerswind, sommer so ‘n ongeskikte wind. Alles raas. Die huis se dak kraak, buite in die straat dans ‘n leë koeldrank blikkie vorentoe en agtertoe soos die wind ruk en laat los. Regte dronkmanspassies. […]