
al hoe meer
soos die nuwe jaar aanstap
kom ertsdraende vragskepe
hul gooi anker in die baai
by ons lyk dit asof hul
reg voor ons anker gooi
die baai is egter so groot
dat hul eintlik voor saldanha lê
waar ons woon is daar see
voor en agter en links van ons
toe ek nog ‘n inkommer was
wou my kompas gladnie rus nie
nou het hy darem effens rustig
en meer akkuraat geraak
maar nou skuif aarde
sommer vanself
sy noordpool
o ja
darem net
sy magnetiese pool
dit val mos nou
al amper in
siberië
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.