
Die dag toe jy wou onthou
Sal jy luister in die kil-
vierkant van jou eenkant hoektuin
op jou draadstoel oor jou draadloos
na my verdwene stem onder die perskeboom;
toe die rooivink hul eiers nes in die wilgerboom
en ons stroom om die dam
loer jy uit die hoeke van die spieëls van jou oë
na die son sé huigel soos tyd oor ons vel skaaf-
was ek maar die reuk van die pienkroos wat jy smag
sou ek potpourri oor jou vierkantige draadtafel dek
en die appelliefies hul oranje aan jou trou
nés ek, nés ek getrou aan jou
het ek vir jou ‘n smakie perskes gelos
roer net die dag sé tee
aan’gluur die maan sé weë
luister in die sluimer van jou hart
hoor my onder jou lakens voel
sien my met die winde dans
vergeet my nie, vergeet, vergeet,
die ydel, die pyn en die soetste wyn.
©Morné du Preez
3 Kommentare
-
Seirdna
Uitstekend
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Tearlach
Ja dit is pragtig.