Verdoemlik verdwaal(d)
Waarheen het hierdie pad dan gelei dat sy nou voor die afgrond van nêrens staan en in die verte na niks voor haar staar. Daar was ‘n storm in hom waarin sy haar stiltes moes begrawe toegedraai in ‘n wit wolkombersie moes dit sink s-e-s voet diep. Daarom is haar lag leeg en haar lyf […]
Vrede
Wanneer branders breek eb en vloed onder die maan ryg ek hul een een deur die poorte van my siel om rus en vrede te vind © 2017 Caren Kearley Kopiereg voorbehou
Vibrasies van stiltes
Tolbossies talm om my tong terwyl klankbane kolkend om my vibreer (in stiltes se stank) ademloos smag my wankende woorde na klank smekend kruip gedagtes orals binne my rond. Hier buite my hart is alles aan die brand (smeulend-smorend tot die heel laaste uur) tussen my yl-vlammende vuur en elke dag se bitterbessie dagbreek waak […]
Te Besig?
Vlugtig is die tyd van die wesens, tydloos die prys vir hulle lewens; klein is die wêreld en kort die besoek, groot is die heelal en lank die gesoek. Souterige soene, waardige woorde, te laat om te eer met valse woorde; gister het gegaan, vandag het gekom, more sal hulle weer bymekaar uitkom. Tot die […]
Om te vlieg
Nou dat jou beeld in my maan skyn (straal-blink oor die wye oseaan) kan ek my vlerke sprei om die donker aan te durf want die soet van jou vingerpunte hang aan elke glansende golf. Ja, nou dat verdwaal my ontkwaal kan ek waag om vry te vlieg – Venus te omsirkel met my mooiste […]
‘n Ons is geen pond
Na alles wat gebeur het wonder ek nou in my waan, waar presies ek met jou staan; jý, vol in jou sekelmaan, sou my nooit kon verstaan enkel in my eenvoud (kompleks in jou duet) soos gister se son sonder ‘n baan wentel jy rond sonder bestaan duister belig of laag gelig terwyl jy dryf […]
JEUGVERHALE: Op SA Skrywers;
JEUGVERHALE: Op SA Skrywers; Skryf ‘n storie geskik vir: 6-13 jariges: ongeveer 800 woorde of minder Merk duidelik JEUG 3-6 jariges, en stuur vir my by elsabedebeer8@gmail.com voor 31 Oktober
Tussen seisoene
Terwyl ek die son se strale deur my hare trek, treetjie-vir-treetjie deur die somers van my lewe stap staar ek verdoold na dié vergete plek; sy soene het my indertyd reeds ontsnap. Winter het barbaars en hard geskop met kil krete wat kleefkoggel soms wou ek die vlaktes in galop, maar die kosmos het geril […]
Fyn soos fynbos
Ek sien jou staan teen krans en klippilare. Daar is fynbos in jou arms en jou vel is soos ivoor. Die winterson toor heuning en amber uit jou hare. Die aarde is van jou bewus – sy weet jy is ‘n kaalvoetkind wat net partymaal skoene dra. (Sy ken jou vrae, maar elke antwoord hou […]
Die Gerug is…
Jamie MacKinnion loop doelgerig deur die dik plantegroei wat baie na ‘n tropiese woud lyk. Hy dink nie veel van Feërie se nuwe voorkoms nie. Waar dit eens soos die koue Caledoniese woude, kaal vlaktes, heivelde en berge gelyk het, staan net die Feë Koningin se nuutste gier. Dit maak hom woedend. En dit voed […]