Jongste aktiwiteit:

‘n Ons is geen pond

Na alles wat gebeur het
wonder ek nou in my waan,
waar presies ek met jou staan;
jý, vol in jou sekelmaan,
sou my nooit kon verstaan
enkel in my eenvoud
(kompleks in jou duet)
soos gister se son sonder ‘n baan
wentel jy rond sonder bestaan
duister belig of laag gelig
terwyl jy dryf
– kop sonder bolyf
(ek en jy) ont-een
deur die kinkel in jou krom geen
want jy was a-l-l-e-s
in die niks van jou ís-
(wees in gees, goed belees in die leeg van jou vlees)
soos ‘n ek en jy sonder ‘n ons.

© 2017 Caren Kearley
Kopiereg Voorbehou




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed