Carpe Diem
ek hoor die stilte tussen nag en dag breek rol die oggendstond soetheid rond in my mond. proe die nuwe dag op my tong. as ek snoesig tussen wakker en slaap huiwer asem ek die oggend in. ‘n nuwe nuut begin vou oop in my. ek dank my Skepper dat ek leef voluit kan lewe […]
Laaste uur
ag Heer gee dat in my laaste uur ek opreg voor U sal staan my gees ‘n brandende vuur vir U koninkryk nie ‘n flikkerende half-dood kers wat brand vir mense skyn laat my oorwin en aanhou glo al gaan ek deur helse pyn o Heer maak my gelouterde goud maak my minder en U […]
Alfa en Omega
juig almal juig Jesus kom weer nie as ‘n kind in ‘n krip as ‘n man aan ‘n kruis maar as die Almagtige tweesnydende swaard in wie se stem die waters druis as die Alfa en Omega in al Sy heerlikheid wat skyn soos die son op ons ongeregtigheid elke knie sal buig elke mond […]
Psalms
ek wil psalmsing tot eer van U naam U die Allerhoogste is my redder my Beskermer U hou my hand vas ek sal nie wankel nie op hoe plekke laat U my veilig loop U is my rotsvesting my skild teen gevaar U bedek my met U vleuels U laat my veilig woon in die […]
Om te wees
Here laat my wees soos ‘n boom wat sy takke ver uitreik vrugte dra op sy tyd aan die moeë reisiger skadu bied ‘n boom geplant by waterstrome Waar hy rus kan vind lê my neer in groen weivelde waar U lammers wei Here ek is U kind ek weet U sorg vir my stil […]
God’s liefde
God se liefde is ewig Van geslag tot geslag het Hy ons lief gehad wat is die mens voor sy Maker niks in tyd en ewigheid ‘n nietige stoffie in die groot heelal dis al… God kyk na die mens met ’n vaderhart Hy het ons eerste liefgehad so lief dat Hy sy enigste seun […]
My Binnekamer
in my binnekamer staan ek alleen van pretensies gestroop naak voor U met al my rou met al my seer in my binnekamer val my wêreld-mombakkies af die een met die aangeplakte lag lê in skerwe op die grond in my binnekamer val ek smekend voor U neer kan ek bely ek is net ‘n […]
Gelouterde genade
gelouter deur ‘n helse vuur staan ek in U lig hier in my laaste uur soek ek U aangesig onverdiende genade sproeireën oor my deurdrenk my hele wese U genade maak my vry verdryf al my vrese in U skadu kan ek skuil
Vertroue
ek, geknakte riet maar nog heel voortgespruit uit die swartste grond kyk op na die hemel wieg op die maat van die sagte wind wat deur blare speel dans saam met woeste orkaan trotseer die storms van die nag want ek weet ek sal nie breek ek is veilig God is in beheer van alles […]
Immanuel
onskuldig ons skuld gedra maak die wat Hom wond gesond onder die sware kruis het Sy liggaam geknak maar die sondes van die wêreld vir Hom nie te swaar weier die wyn en mirre vir pyn maar vir ons gedrink die bitterste beker wat Sy Vader skink vra vergifnis vir die wat Hom skuldig bevind […]