Psalms
ek wil psalmsing tot eer van U naam
U die Allerhoogste is my redder
my Beskermer
U hou my hand vas
ek sal nie wankel nie
op hoe plekke laat U my veilig loop
U is my rotsvesting
my skild teen gevaar
U bedek my met U vleuels
U laat my veilig woon
in die land wat U my gegee het
ek vertrou op U
by U is niks onmoontlik nie
U beloftes Staan van ewigheid tot ewigheid
U laat vir my die meetsnoere
in lieflike plekke val
my erfenis is vir my mooi
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.