Jongste aktiwiteit:

Om te wees

Here laat my wees soos ‘n boom
wat sy takke ver uitreik
vrugte dra op sy tyd
aan die moeë reisiger skadu bied
‘n boom geplant by waterstrome
Waar hy rus kan vind
lê my neer in groen weivelde
waar U lammers wei
Here ek is U kind
ek weet U sorg vir my
stil sal ek op U wag
U gee my dag-vir-dag weer nuwe krag
ek wil U stem in die oggend hoor
U woord deur die dag indrink
Here as ek sou verdwaal
in die donker dodedal
Here as ek sou struikel
as ek val
weet ek U sal my kom haal
my laat skuil in die skadu van U hand
waar ek U rus kan vind




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed