Tyd wat deur die uurglas loop
hosannas in die strate gesing ‘n volk wat hul koning lof en eer bring lofsang van die hosanna-dag weerklink deur tyd word gehoor tot in ewigheid Sy volgelinge te moeg om saam te waak in die nag van bloedsweet lê hul en slaap ons slaap steeds rustig teen die tik van tyd tyd gemeet teen […]
Vergifnis
geknak deur eie dade maar nie gebreek staan ek naak op my knieë smeek ek om vergifnis… 7×77 keer op Golgota breek die ewige lig vir my deur ek verstaan weet verseker U liefde is vir my genoeg genoeg onverdiend te veel! in my somer in my winter is daar hoop – wat nie beskaam […]
Wedergeboorte
na ewigheid se eensaamheid papie vasgevang in ‘n donker kokon toegespin weg van die son nou na newel nagte is dit eindelik tyd goddelik gemetamorf is jy nou vry nou moet jy voortbeur jou uit die donker losskeur jou sielsvlerke in Sy naam sprei OPSTYG NA DIE LIG
Wenteltrap
te lank in die donker gewees alleen met my hartseer en vrees te lank in die donker gedwaal wag dat iemand my kom haal vasgevang deur die bang van ‘n donker gang wenteltrap stap vir stap wil nie meer, kan nie keer, al die pyn al die seer. hoop en wanhoop bly in my, twyfel […]
Lewensreis
As die einde van die pad kom draai die swerwer om kyk terug na die sirkels en die draaie van sy lewe se kronkelpaaie die dronk wees van jonk wees sy spore van aan foeter deur die lewe se geploeter wegsink in moeras van verwyte oor wat was die nugter van die lewe se stank […]
Loutering
getoets deur U vuur gelouter deur U smeltkroes Here… wil ek goud wees nie net papier as wat wegwaai in die wind Here, in U naam maak my gesuiwerde metaal wat U toets kan deurstaan om te bly vertrou te loof en sing… al het ek als verloor laat my deur U loutering soos gesuiwerde […]
Vrydag
Tien vingers aan Sy hande een vir elk gebod ‘n doringkroon ‘n lendelap. Is dít die Seun van God? ‘n Houtkruis teen ‘n heuwel vyf tone aan elk voet. Bitterwyn en spykers donkerson en bloed. © Carma Shaw 14 April 2017
’n Ander droom
dit was ’n swart dag ’n lang donker nag wie jy was is jy nie meer al my drome vir jou het gesterf het bly hang in ’n hospitaal gang ek moes ’n ander droom vir jou droom want jy kan jy nie meer kan hardloop soos eers nie meer leer nou staan jy buite […]
Geknakte vlerke
Vasgevang in vrees versplintering van illusies van wat kon wees in die smeltkroes van vuur wroegend worstelend in jou laaste uur brandend ten hemele skree met die asem van God polsend deur elke vesel van jou wese het jy heel geword soos ‘n feniks uit die as herrese met nuutgevonde vlerke bo die storms uitstyg […]
HOOR JY DIE STEM
Hoor jy die hartseerstem van n land Opgebou in nasietrots deur bloed en sweet Hoor jy die stem roep na vryheid Aansporend agter die sweepklap op die ossewa Hoor jy die stem van gelofte Gelofte aan n Almagtige God by Bloedrivier Hoor jy die rouklag in die stem Na n oorlog wat n verbrande land […]